Luister nou

Pasiënte ly weens uitstel van operasies

Deur Walter Ernst

Die DA beskuldig die LUR vir Gesondheid in Gauteng, Faith Mazibuko, van misleiding oor die uitstel van operasies by die Tambo-gedenkhospitaal.

Die provinsiale Departement van Gesondheid het op 25 Maart vanjaar gesê dat opknappings aan die operasieteaters by die hospitaal binne twee maande afgehandel sou wees, maar dié sperdatum is egter nie gehaal nie.

Die DA se woordvoerder oor gesondheid in dié provinsie , Madeleine Hicklin, sê dat Mazibuko enige ontwrigtings ontken, en dat pasiënte ingelig is dat hul operasies eers in Junie 2027 sal kan plaasvind.

“Die DA het hierdie kwessie herhaaldelik in die Gautengse Provinsiale Wetgewer geopper en verskeie skriftelike vrae aan Mazibuko gerig waarin daar aangedring word op dringende optrede,” sê Hicklin.

“Die skriftelike antwoorde wat van Mazibuko ontvang is, bevestig dat opknappingswerk nié binne twee maande afgehandel is soos voorheen in die vooruitsig gestel is nie.”

Volgens die DA word pasiënte boonop nie na ander geriewe verwys nie, wat tot groter lyding lei.

“Die DA het die departement voorheen veroordeel omdat hy versuim het om pasiënte na alternatiewe gesondheidsorggeriewe te verwys.”

Hicklin sê dat die DA van voorneme is om die kwessie op komiteevlak te takel en sal die premier, Panyaza Lesufi, versoek om dringend in te gryp sodat pasiënte elders behandeling kan ontvang.

 

Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou