Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Minister in die presidensie wil nié haar reiskoste bekend maak nie

ActionSA sê dit is onaanvaarbaar die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, eers vier maande later, inligting oor haar reiskoste bekend gemaak het.

Die ActionSA-parlementslid, Lerato Ngobeni, sê Ntshaveni het doelbewus openbare aanspreeklikheid vrygespring deur die inligting oor haar reiskoste aan die staande komitee oor Intelligensie voor te lê. Volgens Ngobeni is dié komitee en sy inligting nie oop vir die publiek of parlement nie.

LEES OOK: Mashatile se Japan-besoek kos die belastingbetaler meer as R2-miljoen

Sy meen dis is Ntshaveni se manier om moontlike teenkanting te vermy.

Ngobeni sê ActionSA het ‘n skrywe aan die speaker van die parlement, Thoko Didiza, gerig waarin hulle vrae dat sy dringend moet ingryp om die integriteit van die parlement te beskerm deur die minister se reiskostes openbaar te maak.

Die party het reeds vir die afgelope paar weke die inligting oor elke minister, binne die regering van nasionale eenheid, se reiskostes bekom.

“Elke minister is dieselfde vraag gevra en elkeen was oop en eerlik met hulle antwoorde. Dit was slegs Nshaveni wat nie haar reiskoste wou bekend maak nie. Dit laat ‘n mens wonder waarom.” sê Ngobeni.

LEES OOK: McKenzie: “Sadisties om te verwag dat ministers ekonomiese klas moet vlieg”

ActionSA het reeds ontbloot dat lede van die RNE, in die 11 maande sedert dit tot stand gekom het, meer as R200-miljoen aan reiskoste bestee. Dit sluit die R950 000 in wat die adjunk-president, Paul Mashatile onlangs bestee het aan ‘n vier-dag besoek aan Japan.

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie het ook R160 000 van belastingbetalers se geld laat “verlore” gaan weens n reis na Burkina Faso wat nooit eers plaasgevind het nie.

2 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Ander Nuus Artikels

BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende