Luister nou

Minister in die presidensie wil nié haar reiskoste bekend maak nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

ActionSA sê dit is onaanvaarbaar die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, eers vier maande later, inligting oor haar reiskoste bekend gemaak het.

Die ActionSA-parlementslid, Lerato Ngobeni, sê Ntshaveni het doelbewus openbare aanspreeklikheid vrygespring deur die inligting oor haar reiskoste aan die staande komitee oor Intelligensie voor te lê. Volgens Ngobeni is dié komitee en sy inligting nie oop vir die publiek of parlement nie.

LEES OOK: Mashatile se Japan-besoek kos die belastingbetaler meer as R2-miljoen

Sy meen dis is Ntshaveni se manier om moontlike teenkanting te vermy.

Ngobeni sê ActionSA het ‘n skrywe aan die speaker van die parlement, Thoko Didiza, gerig waarin hulle vrae dat sy dringend moet ingryp om die integriteit van die parlement te beskerm deur die minister se reiskostes openbaar te maak.

Die party het reeds vir die afgelope paar weke die inligting oor elke minister, binne die regering van nasionale eenheid, se reiskostes bekom.

“Elke minister is dieselfde vraag gevra en elkeen was oop en eerlik met hulle antwoorde. Dit was slegs Nshaveni wat nie haar reiskoste wou bekend maak nie. Dit laat ‘n mens wonder waarom.” sê Ngobeni.

LEES OOK: McKenzie: “Sadisties om te verwag dat ministers ekonomiese klas moet vlieg”

ActionSA het reeds ontbloot dat lede van die RNE, in die 11 maande sedert dit tot stand gekom het, meer as R200-miljoen aan reiskoste bestee. Dit sluit die R950 000 in wat die adjunk-president, Paul Mashatile onlangs bestee het aan ‘n vier-dag besoek aan Japan.

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie het ook R160 000 van belastingbetalers se geld laat “verlore” gaan weens n reis na Burkina Faso wat nooit eers plaasgevind het nie.

2 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Fotokrediet: WikiWand

Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Fotokrediet: LekkeSlaap

Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings
Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar
Fotokrediet: Instagram
Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals
Fotokrediet: WLRN
VSA se nuwe visumbeperkings

Luister nou