Luister nou

Mashatile se Japan-besoek kos die belastingbetaler meer as R2-miljoen

Deur Pretoria FM Nuusspan

Adjunk-president Paul Mashatile se reis na Japan – in Maart vanjaar – het die belastingbetaler R2,3-miljoen rand uit die sak gejaag – waarvan R900 000 net bestee is aan verblyf vir hom en sy vrou.

Dit kom nadat die belastingbetaler meer as R5-miljoen moes opdok vir sy reis verlede jaar na die Verenigde Koninkryk – waarvan meer as R2-miljoen aan verblyf in Londen bestee is.

Dié inligting het rugbaar geword uit ‘n parlementêre antwoord op ‘n vraag van ActionSA se hoofsweep, Lerato Ngobeni, wat haar skok uitgespreek het oor die regering se buitensporige uitgawes op Internasionale reise.

Volgens ActionSA se berekeninge beloop dit – sedert die RNE net minder as ‘n jaar gelede gevorm is – al meer as R184-miljoen – voordat die jongste syfers bygewerk is.

Ngobeni eis nou ‘n antwoord by Mashatile oor sy reise sedert 3 Julie 2024, wat dit gekos het en wat die doel daarvan was.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Fotokrediet: WikiWand

Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Fotokrediet: LekkeSlaap

Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings
Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar
Fotokrediet: Instagram
Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals
Fotokrediet: WLRN
VSA se nuwe visumbeperkings

Luister nou