Luister nou

Donovan sterk tuis aan

Deur Seugnet van Zyl

Ná ’n wrede aanval op Donovan Marx, ’n beesboer in die Ventersdorp-omgewing, waartydens sy ore onder andere afgesny is, sterk hy nou tuis aan.

Marx (50) is reeds vir ’n week by die huis nadat hy verlede Donderdag uit die Mediclinic Potchefstroom ontslaan is. Rowers het hom tydens die aanval in die bolyf geskiet en hom daarna in die huis gesleep, sy hande met kabelbinders vasgemaak en hom na bewering met ’n mes in die been gesteek en sy ore afgesny. Hy is ontslaan ná twee weke van intense mediese behandeling. Marx het verskeie operasies ondergaan, maar sy ore kon nie geheg word nie.

Naaste familie en vriende het hom verlede week ingewag terwyl hy op sy eie stoom by dié hospitaal uitgeloop het. Hulle het hom verwelkom deur “Met die krag van God” te sing. Hy het ook saamgesing.

Donovan en sy vrou, Louise, beskou luidens ’n verklaring deur Marlene Steyn du Toit, regsverteenwoordiger en woordvoerder van die Marx-familie, sy ontslag as “’n simboliese en betekenisvolle verdere tree op die pad na genesing”.  Hulle kies om nie op die trauma van die verlede te fokus nie, maar op die genade van die hede en die hoop vir die toekoms.

Hulle het almal weer vir hul gebede en boodskappe van liefde van bedank.

“Dankie dat julle saam met ons staan.  Bo alles – alle eer, lof en dank aan ons Hemelse Vader.”

Die egpaar skryf Marx se herstel toe aan die genade en ingryping van hul Hemelse Vader. Hulle is ook diep dankbaar teenoor die mediese span en die verpleegpersoneel wat hom in die hospitaal versorg het.

Die vier verdagtes, wat aangekla word van poging tot moord met verswarende omstandighede, roof met verswarende omstandighede, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die rig van ’n vuurwapen, het intussen hulle aansoek om borgtog laat vaar. Die vyfde verdagte, wat nie aktief aan die misdrywe deelgeneem het nie, maar inligting oor die aanval het, gaan as getuie vir die staat optree.

Sedert Donovan se ontslag is daar nie nuwe nuus oor sy herstelpad by die huis gedeel nie. Steyn du Toit het teen saktyd nie op navrae gereageer nie.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/11/NUUSWEEK-Uitgawe-94-20-Nov-2026.pdf

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Waarnemende minister van polisie maak misdaadstatistiek bekend

Corné Mulder

Laaste week om koalisies te vorm

Chestnut Trees in Blossom

Van Gogh-skildery vir $190 mil. verkoop

Geordin

Hill-Lewis wéér Kaapse burgemeester

Fotokrediet: CNN

Alaska-dorp maak gereed vir 65 dae sonder sonlig

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: AfriForum
400 skole in Gauteng nodig
Placeholder_400x230
Graffiti-boekeblad 20 November 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Waarnemende minister van polisie maak misdaadstatistiek bekend
Corné Mulder
Laaste week om koalisies te vorm
Chestnut Trees in Blossom
Van Gogh-skildery vir $190 mil. verkoop

Luister nou