Luister nou

O Schucks … Dis Leon se rugbyliedjies

Deur Redaksie

Leon Schuster se veelsydige en kleurvolle loopbaan dek 50 jaar, en gedurende die afgelope week het Heinrich Marnitz sy eerste onderhoud in ’n reeks oor Schuster se loopbaan en sy rugbyliedjies uitgesaai.

Marnitz sê Schuster se loopbaan kan in vier fases opgedeel word. Die eerste daarvan het by die ou Afrikaanse Radiodiens in Commissionerstraat begin waar Schuster oornag gewild geword het met die program Die Vrypostige Mikrofoon. In die program het Schuster sy stem vermom en telefonies poetse op mense gebak. Ou tannie Mien was een van sy slagoffers wat sekerlik tot vandag nog onder die ouer luisteraars bekend is.  Sy was ’n vragmotorbestuurder wat stene vervoer het. Die gesprek het so verloop:

Leon: “Mien kan ek nie maar vir jou kom kuier nie. Ek wil jou net ’n bietjie vashou, maar ek het net EEN ARM”.

Ou Mien: “Nou waarmee wil jy my vashou?”

Leon: “Ou Mien, jy het sulke mooi, groot hande, sal jy nie maar die vashouwerk doen nie?”

Die tweede fase was Leon se rugbyliedjies wat weens internasionale isolasie veral op die Curriebeker gefokus het. Dié liedjies sluit in “Die Rugby-onthaal”, “Province” en “Loftus”, om net ’n paar te noem.

In die derde fase van sy loopbaan het Schuster ’n versteekte kamera na die strate geneem en daarmee sy poetsbak-loopbaan afgeskop. Dink maar aan die karakter Rajbanji wat met Jimmy Abbott skoor gesoek het by ’n AWB-saamtrek in Germiston of die “gesette Nederlandse joernalis” se onderhoud met Helen Zille.

Marnitz sê gedurende dié fase van sy lewe het hy meer as 20 vollengte rolprente vervaardig, draaiboeke geskryf, die hoofrolle vertolk en as mederegisseur opgetree. Dit sluit in Oh Schucks, here comes UNTAG, You must be joking 1 en 2, Mama Jack en andere.

Die vierde fase is volgens Marnitz die vervaardiging van die rolprente Mr Bones 1 en 2 wat weer ’n nuwe dimensie aan sy loopbaan verleen het.

O Schucks … Dis Leon se rugbyliedjies word Woensdagaande om 20:30 op Pretoria FM uitgesaai, met ’n herhaling Saterdag om 19:30

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/11/NUUSWEEK-Uitgawe-94-20-Nov-2026.pdf

Gewilde Nuus

Placeholder_400x230

Graffiti-boekeblad 20 November 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Waarnemende minister van polisie maak misdaadstatistiek bekend

Corné Mulder

Laaste week om koalisies te vorm

Chestnut Trees in Blossom

Van Gogh-skildery vir $190 mil. verkoop

Geordin

Hill-Lewis wéér Kaapse burgemeester

Ander Nuus Artikels

jpg (3)
Donovan sterk tuis aan
Fotokrediet: AfriForum
400 skole in Gauteng nodig
Placeholder_400x230
Graffiti-boekeblad 20 November 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Waarnemende minister van polisie maak misdaadstatistiek bekend
Corné Mulder
Laaste week om koalisies te vorm

Luister nou