Graffiti se Topverkopers
10 Ouma Mollie op die plaas – Fanie Viljoen
9 ’n Leeu in ’n lugballon – Daniëlla van Heerden
8 Ingekluis – Tertius Janse van Rensburg
7 Bollie Wollie & die nag voor Kersfees – Elize Parker
6 Anderkant die water – Ronel du Plessis
5 Op lig – Thilde Nel
4 Een vir een – Irma Venter
3 Swerwerskraal – Keina Swart
2 Goedheid en guns – Sophia Kapp
1 Die seun wat bly leef het – Jacques Papenfus
Ouma Mollie op die plaas – Fanie Viljoen. R190, Lapa

Illustreerder Johann Strauss
https://graffitibooks.co.za/products/9780637012195
“Niemand boer met walvisse in die Vrystaat nie.”
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal.
Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai … Of dalk nie vir lank nie.
Ouma Mollie wil nou op ’n plaas gaan bly saam met haar sussie, tannie Kietie.
Maar die moeilikheid volg ouma Mollie waar sy gaan.
– Sy verloor haar valstande.
– Sy probeer ’n koei melk.
– Dinge loop verder skeef toe ’n windpomp haar gryp.
– O ja, en dan is daar die probleem met die walvis op die plaas …
Gelukkig is Nina, Simon en Blapsie daar om te help. Maar sal hulle dit hierdie keer regkry?
Word stil met God – Joyce Meyer. R320, LUX VERBI

https://graffitibooks.co.za/products/9780796324054
Jy kan nie beheer wat in die dag met jou gebeur nie, maar jy kan daaraan werk om jou gedagtes, woorde, emosies en aksies te belyn met die manier hoe God wil hê jy moet leef.
Hierdie 365 dagstukkies van Joyce Meyer stel jou in staat om in God se waarheid en woorde geanker te bly. Elke dag is propvol van Joyce se wysheid en vars inspirasie en is aangevul met ’n Skrifgedeelte en gebed, sodat jy met vreugde, vrede en deernis deur die dag kan gaan.
Een vir een – Irma Venter. R360, Tafelberg

https://graffitibooks.co.za/products/9780624096429
’n Hittegolf verswelg die Kaap en gemoedere loop hoog.
Misdaadverslaggewer Ami Prinsloo is na die Kaapstadse nuuskantoor verban nadat sy kwansuis drooggemaak het in Gauteng. Hier moet sy haar spore van voor af verdien – veral teenoor die onverbiddelike redakteur, Greta Fischer. Wanneer jong rugbyspelers en hul ouers tydens ’n skoolwedstryd handgemeen raak, rapporteer Ami nie net die nuus nie, maar word sy ook ’n ooggetuie toe ’n vuisgeveg skrikwekkende gevolge het.
’n Veertienjarige seun verloor sy pa. Terwyl sy ondersoek instel na die rede vir die bakleiery, ontbloot sy ’n geheim wat haar bloed laat kook. Sy kan nie onbetrokke bly nie, al jaag dit sersant Lukas van Onselen die harnas in en al waarsku Fischer haar om nie haar eie kop te volg nie. Soos die gevolge van hierdie één insident uitkring, besef Ami net weer: Geen misdaad bestaan ooit in isolasie nie. En dan begin die domino’s een vir een val …
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag. Om te kwalifiseer vir ekstra 10% afslag, tik die kodewoord PTAFM in wanneer jy jou bestelling plaas.
KOMPETISIE – Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n R300-Graffiti-geskenkbewys wen.
KOMPETISIE
Antwoord die volgende vraag:
Wie het Ouma Mollie op die plaas geskryf?
Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997.
Inskrywings sluit Maandag 23/11/2026.
Die wenners sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected].
Wenners 13-11-2026
Gerda Scholtz
Elna Lyons
Larisa van Heerden
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/11/NUUSWEEK-Uitgawe-94-20-Nov-2026.pdf