Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie sê dit sou “sadisties wees om van ministers te verwag om ekonomise klas te vlieg op internasionale vlugte.”
McKenzie het die besluit verdedig – om elke keer in besigheidsklas te vlieg – nadat sy reiskoste in die parlement onder skoot gekom het.
In antwoord op ‘n parlementêre vraag van die ActionSA-LP, Alan Beesley het McKenzie gesê dat daar al R4,8-miljoen aan reiskoste vir McKenzie en sy personeel bestee is sedert hy in Julie verlede jaar by die Kabinet aangesluit het.
Dié inligting het in dieselfde week aan die lig gekom as wat die toesighoudingskomitee in die parlement hom gekritiseer het omdat hy nie sy portefeuljevergaderings bywoon nie.
LEES OOK: Mashatile se Japan-besoek kos die belastingbetaler meer as R2-miljoen
Beesley het ook in die parlement gesê dat daar al sowat R200-miljoen aan reiskostes vir die regering van nasionale eenheid (RNE) bestee is sedert hulle in Julie verlede jaar tot stand gekom het.
McKenzie in antwoord op ActionSA se vrae gesê dat hy reeds baie rondgereis het nog voordat hy minister geword het. Dit nadat dit aan die lig gekom het dat hy 11 keer internasionaal gereis het in nege maande. Hy meen internasionale reise is noodsaaklik.
Hy het benadruk dat hierdie besoeke vir werksdoeleindes is, en dat dit nié ‘n vakansie is nie. Volgens hom is hierdie besoeke uiters uitputtend vir die ministers en die personeellede wat saam reis.
Volgens Beesley moes belastingbetalers ‘n boete van R164 000 betaal vir ‘n reis wat hy na Burkina Faso gekanselleer het.
Foto – Soccer Betting News
3 Responses
As ‘n mens se brein (dalk het politici nie een nie?) só korrup is dat jy aan jouself vertel hoekom jy besighidsklas moet vlieg … tesame met jou korropte kadertjies … dan is die skrif aan die muur en is die koridrot (korrupte, idiotiese drol en sot) en sy ou patlrtjie beslis oppad uit.
Good bye en good riddance.
Dis nou tipies van n krummeltjie wat n koek geword het.
Ryk vir hulle ekonomiese kaartjies uit en dan kan hulle mos self opbetaal as hul gemakliker wil vlieg! Elke jan rap en sy mast vlieg deesdae besigheids klas en dit kos ons regering n stm en n been terwyl die gewone man op straat veg vir oorlewing!!