Die Russiese president, Wladimir Poetin, dreig met vergeldingsaanvalle nadat Oekraïne voortgegaan het om Russiese olieraffinaderye aan te val, ondanks ’n versoek deur die Amerikaanse president, Donald Trump, om die aanvalle te staak.
Poetin sê Oekraïne ignoreer Washington se versoek en dat Rusland se reaksie onvermydelik is.
Hy het ook gevra dat bykomende veiligheidsmaatreëls by Russiese energie-aanlegte ingestel word.
Volgens Reuters het Oekraïense hommeltuigaanvalle sedert laat Oktober die gesamentlike ru-olieverwerkingskapasiteit van Russiese raffinaderye met sowat 45% verminder.
Intussen het spanning tussen Rusland en Europese lande ook toegeneem.