Adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro skuld R12,5-miljoen vir ‘n huur-eiendom in Noordwes


Luister nou

Volgende

Adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro skuld R12,5-miljoen vir ‘n huur-eiendom in Noordwes

Die adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro, Eugene Modise skuld die Noordwes Behuisingsraad sowat R12,5-miljoen in huurgeld vir die Morula Sun-eiendom in Mabopane.

Die DA se woordvoerder oor samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake in Noordwes, CJ Steyl sê Modise se maatskappy, Mzanzi Resorts het in Desember 2019 ‘n huurooreenkoms onderteken om Morula Sun vir R150 000 per maand te huur.

Die huurooreenkoms was vir ‘n drie jaar tydperk, maar is tot April 2026 verleng ondanks die skuld.

Volgens Steyl het Morula Sun in September 2024 laas ‘n betaling van Modise se maatskappy ontvang.

Hy sê die DA se woordvoerder oor finansies in die Tshwane-metro, Jacqui Uys het die opdrag ontvang om ondersoek in te stel na Modise en sy besigheid se finansies en die wanbetaling aan die behuisingsraad.

Hy sê ook die voorsitter van Noordwes se portefeulje komitee oor samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake is aangesê om te eis dat Modise voor die Noordwes Behuisingsraad moet verskyn om ‘n rede vir die wanbetaling te verskaf.

3 Responses

  1. Is Hy nie Familie. Van Thandi Modese. Wat voor Ou Mothega as minster V Veterane was nie.
    Sy het St George Hotel
    In Centurion sommer gekoop V kantore
    Maar die Ander geboue
    Staan verwaarloos

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

Ander Nuus Artikels

517024440_1301607634868916_5386749225797019254_n
Rowers wou slange vang
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro skuld R12,5-miljoen vir ‘n huur-eiendom in Noordwes


Luister nou

Volgende