Luister nou

Adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro skuld R12,5-miljoen vir ‘n huur-eiendom in Noordwes

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die adjunk-burgemeester in die Tshwane-metro, Eugene Modise skuld die Noordwes Behuisingsraad sowat R12,5-miljoen in huurgeld vir die Morula Sun-eiendom in Mabopane.

Die DA se woordvoerder oor samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake in Noordwes, CJ Steyl sê Modise se maatskappy, Mzanzi Resorts het in Desember 2019 ‘n huurooreenkoms onderteken om Morula Sun vir R150 000 per maand te huur.

Die huurooreenkoms was vir ‘n drie jaar tydperk, maar is tot April 2026 verleng ondanks die skuld.

Volgens Steyl het Morula Sun in September 2024 laas ‘n betaling van Modise se maatskappy ontvang.

Hy sê die DA se woordvoerder oor finansies in die Tshwane-metro, Jacqui Uys het die opdrag ontvang om ondersoek in te stel na Modise en sy besigheid se finansies en die wanbetaling aan die behuisingsraad.

Hy sê ook die voorsitter van Noordwes se portefeulje komitee oor samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake is aangesê om te eis dat Modise voor die Noordwes Behuisingsraad moet verskyn om ‘n rede vir die wanbetaling te verskaf.

3 Responses

  1. Is Hy nie Familie. Van Thandi Modese. Wat voor Ou Mothega as minster V Veterane was nie.
    Sy het St George Hotel
    In Centurion sommer gekoop V kantore
    Maar die Ander geboue
    Staan verwaarloos

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Fotokrediet: WikiWand

Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Fotokrediet: LekkeSlaap

Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings
Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar
Fotokrediet: Instagram
Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals
Fotokrediet: WLRN
VSA se nuwe visumbeperkings

Luister nou