Luister nou

Swart Vrydag: Grootste transaksie beloop R5 m.

Deur Walter Ernst

Absa het aangekondig dat die grootste transaksie wat vandag tydens Swart Vrydag gemaak is, R5 miljoen rand beloop.

Die hoogste enkele aankoop wat op ’n Absa-kaart aangeteken is, was ongeveer R995 000.

Teen die middaguur was dié bank se aanlyn verkope reeds 15% meer in vergeleke met verlede jaar s’n.

Die uitvoerende hoof vir betalingsoplossings by Absa Business Banking, Pascalle Albrecht, sê dat Swart Vrydag net soveel ’n begrotingsgeleentheid as ’n inkopiegeleentheid is.

“Suid-Afrikaners is steeds bereid om te bestee, maar hulle raak meer doelbewus oor wat hulle koop, wat hulle kan bekostig en of ’n promosie werklike waarde verteenwoordig,” sê Albrecht.

Kliënte word intussen gewaarsku om waaksaam te bly teen aanlyn bedrog en slegs veilige digitale betaalmetodes gedurende die feesseisoen te gebruik.

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: OffenderWatch

Misa waarsku ouers oor seksuele predatore

Fotokrediet: Tshwane Bulletin

DA gaan opposisie in die Tshwane-metro wees

Nepal-vloede

Nepal begin om duisende vermistes ná fratsvloed dood te verklaar

Fotokrediet: CBC

Strafhof waarsku oor VSA sanksies

Fotokrediet: Hurter Spies Inc Law Firm

Hof oorweeg alternatiewe vir vergoeding

Ander Nuus Artikels

Nhlanhla Mkhwanazi
Mkhwanazi as Valke-hoof aangestel
Graffiti logo
Graffiti-boekeblad 27 November 2026
Fotokrediet: OffenderWatch
Misa waarsku ouers oor seksuele predatore
Fotokrediet: Tshwane Bulletin
DA gaan opposisie in die Tshwane-metro wees
Nepal-vloede
Nepal begin om duisende vermistes ná fratsvloed dood te verklaar

Luister nou