Nuusberigte
Page: 7
15 November 2023 Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sê luidens mediaberigte het meer as 70% van die polisie se spesiale taakmaglede in KwaZulu-Natal die diens binne ʼn kort tydperk verlaat en net vyftien van die eenheid se 53 lede het oorgebly. Groenewald sê dit laat ernstige vrae ontstaan oor die bestuur […]
15 November 2023 Twee maatskappye waarsku dat advertensies oor spotgoedkoop kaartjies vir verblyf by Sun City en vliegkaartjies vir FlySafair-vlugte nié waar is nie. In die sogenaamde advertensies word onbeperkte vlugte met FlySafair vir ‘n tydperk van ses maande vir slegs R15 verkoop. Verblyf by enige hotel in Sun City sal R25 per aand kos. […]
15 November 2023 Die hoofkiesbeampte, Sy Mamabolo, het vanoggend gesê dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) slaggereed is vir die komende registrasienaweek. Volgens Mamabolo is al die nodige huurooreenkomste met plekke wat as stempunte gaan dien onderteken en afgehandel. Van hierdie stempunte is 62% skole, 9,7% plekke van aanbidding en val 28% in kategorieë soos gemeenskapsale […]
15 November 2023 Die burgerregteorganisasie, AfriForum sê plaasaanvalle het in die derde kwartaal van die jaar met 21% toegeneem in vergelyking met plaasaanvalle in die tweede kwartaal. Die afdeling vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum het gevind dat daar tussen Julie en September vanjaar 88 plaasaanvalle was, waaronder 13 plaasmoorde. LEES OOK: VROU DOOD IN NOORDWES-PLAASAANVAL In […]
15 November 2023 ‘n 20-jarige student aan die Universiteit van Fort Hare is dood nadat ‘n Nyala polisievoertuig tydens die Springbokke se oorwinningstoer in Oos-Londen op 5 November oor haar gery het. Die student, Minentle Noqhamka van Mbizana het glo tydens die toer op die Nyala, wat die Springbokke begelei het, gespring, maar het afgeval. […]
15 November 2023 Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het aan inwoners van Soweto beloof om aan hulle krag te gee voor Kersfees. Lesufi het gister met gemeenskapslede van Dobsonville en Zola vergader oor die kragsituasie. Hy sê die provinsiale regering het R1,2 miljard opsy gesit om ou transformators wat onklaar geraak het te vervang. […]
14 November 2023 Geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika is aan die toeneem, en kan aan verskeie redes toegeskryf word, maar daar is glo wel vordering wat die vervolging van dié sake betref. Navorsing toon dat die tempo waarteen vroue in Suid-Afrika deur hulle intieme lewensmaats vermoor word, vyf keer hoër is as die wêreldgemiddeld. Klankkoerant-verslaggewer, Elsa […]
14 November 2023 ‘n Houer wat die radioaktiewe isotoop Iridium-192 bevat, is vanoggend deur die eienaars teruggevind nadat dit Vrydag uit ’n voertuig in Port Elizabeth/ Gqeberha gesteel is. Volgens die polisiewoordvoerder, kaptein Andre Beetge is die eienaars deur ‘n plaaslike skrootwerfhandelaar in North End gekontak toe ‘n man na bewering die gevaarlike stof aan […]
14 November 2023 Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Mosotho Moepya, sê beurtkrag sal geen beduidende uitwerking op die OVK se werk tydens sy landwye registrasie-naweek vir kiesers hierdie komende naweek hê nie. Dit is die OVK se eerste registrasienaweek in aanloop tot aanstaande jaar se algemene verkiesing. Volgens die adjunk-hoof van die OVK, Masego Sheburi sal […]
14 November 2023 Die seuntjie van Lydenburg in Mpumalanga, wat twee jaar gelede gehospitaliseer is nadat hy ophou asemhaal het, is Maandagaand (13 November) oorlede. Kort na die voorval is berig dat Ayden Nortje, wat toe ses maande oud was, aan ‘n stukkie biltong gestik het. Dokters het egter later gesê dat hy ‘n toeval […]