Luister nou

Minister van Polisie skuld Bergview College-hoof ’n verskoning

Deur Pretoria FM Nuusspan

AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê die minister van polisie, Senzo Mchunu, skuld die hoof van Bergview Kollege ‘n verskoning.

Die woordvoerder van die eenheid, Barry Bateman, meen Mchunu het vir “‘n week lank handegevou gesit terwyl lasterlike en valse uitlatings in die media en op sosialemediaplatforms teenoor die hoof van Bergview College, Jaco Pieterse, gemaak is.” 

Pieterse word deur die eenheid verteenwoordig. Dit kom nadat ‘n 7-jarige dogtertjie by die skool verkrag is. Volgens Bateman het Mchunu self valse bewerings teen die hoof gemaak.

LEES OOK: Oos-Kaapse skool opdrag gegee om te deregistreer na verkragting

Nadat die eenheid in ‘n verklaring gesê het dat Pieterse nie ‘n verdagte is nie, het Mchunu in sy eie verklaring gesê dat drie mense van belang geïdentifiseer is, waaronder die hoof.

“Pieterse is in die openbaar uitmekaar geruk as gevolg van ’n fiktiewe bewering dat hy die polisie se ondersoek na die verkragting belemmer het.” Volgens Bateman het Mchunu die outoriteit en nodige kennis oor die saak gehad om die misverstand reg te stel, maar het gekies om stil te bly. 

 

Die hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, advokaat Gerrie Nel het in ’n brief aan Mchunu en die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gesê dat dit nooit toelaatbaar moet wees dat ’n onskuldige persoon deur rusbankspeurders op sosiale media asook deur prominente persone vir hul eie politieke gewin skuldig bevind kan word nie. 

 

Bateman sê daar is reeds verskeie persone geïdentifiseer om vervolg te word vir hierdie” lasterlike bewerings.” Dit sluit Mchunu self in, Fikile Mbalula in sy rol as sekretaris-generaal van die ANC, Fundile Gade in sy rol as LUR vir Onderwys in die Oos-Kaap en Julius Malema, leier van die EFF.”

One Response

  1. En dan se ramaphosa dat vertroue in die SAPS herstel moet word. I rest my case.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Fotokrediet: The Citizen

Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Ander Nuus Artikels

Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing
Ernst Roets
Wit kruise nou na Uniegebou
Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann
VSA-debat jaag temperature op
Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Luister nou