Topverkopers
- Vlam van die sprokkelhout – SD Fourie
- Douwenis – Daniel Lotter
- Bethulie – Rensche van der Walt
- Van man tot man – Olive Schreiner
- Grensloos – Wilna Adriaanse
- Brandstapel – Marie Lotz
- Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert
- Jagspinnekop – Erla Diedericks
- Blinde kol – Martin Steyn
- Op lig – Thilde Nel
O goeiste! ’n Boek vol glibberige, grillerige en vreemde kreature in Suider-Afrika – Engela Duvenhage. LAPA, R230

https://graffitibooks.co.za/products/9780637008921
Hierdie boek is PROPVOL feite oor allerhande diere en kreature van Suider-Afrika.
Lees oor glibberige, grillerige, stinkerige, stekelrige en vreemde plante, diere en insekte. Leer ook meer oor die mense wat vir sommige ontdekkings van spesies of diere verantwoordelik is. Die beste boek vir enige iemand wat lief is vir feite oor die natuur!
Ook beskikbaar in Engels – Creepy!
Anderkant die water – Ronel du Plessis. LUCA Uitgewers, R320

https://graffitibooks.co.za/products/9781779860347
Niks is ooit weer dieselfde nie.
In 2021 gebeur die ondenkbare. Ronel du Plessis en oud-Bok Jannie du Plessis se seuntjie Jan-Nathaniël verdrink op tien maande by die huis in hulle swembad.
In ’n oogwink verander alles. Waar begin mens om die stukkies op te tel? Hoe bly jy staande na iets só onverstaanbaar, só onregverdig met jou gebeur? Hoe hou jy jou familie bymekaar met soveel hartseer in die huis?
Anderkant die water is die vergestalting van Ronel se soeke na antwoorde en genesing. Sy wend haarself na haar kuns, en begin om haar seuntjie, haar woede en haar hartseer uit te beeld met woorde, illustrasies, skilderye. Enigiets wat help om uiting te gee aan die onverwerkbare emosies in haar.
Niks is ooit weer dieselfde nie. Maar met hierdie boek wys sy ook dat daar tóg hoop anderkant die dood is. Hierdie boek is ’n huldeblyk aan hulle seun, ’n verwerking van hulle hartseer, ’n rekord van ’n ma se rou, en die storie van ’n hart se herstelling en die terugkeer van hoop.
Ingekluis – Tertius Janse van Rensburg. LUCA Uitgewers, R320

https://graffitibooks.co.za/products/9781779882059
Hoe los jy die poging tot jou eie moord vanuit ’n hospitaalbed op?
Privaatspeurder Rikus Anker word wakker in ’n veld, bebloed en vasgevang in ’n liggaam wat weier om te reageer. Hy kan nie beweeg of ’n geluid maak nie. Wat is fout met hom?
Uiteindelik word Rikus ontdek, en in die hospitaal kom die dokters tot die gevolgtrekking dat daar geen hoop vir Rikus is nie, en dat hy nooit weer ’n normale lewe sal kan lei nie. Maar tot sy frustrasie kan Rikus wel sien, hoor en dink, al kan hy dit nie oordra nie. Hy staar ’n eensame stryd in die gesig om nie toe te gee aan wanhoop nie terwyl hy probeer uitvind hoe hy in hierdie toestand beland het.
Erna, sy vasberade sekretaresse, glo dat hy sal herstel en probeer intussen haar bes om sy besigheid aan die gang te hou. Nadat Sanna, ’n algemene werker met rotsvaste geloof, agterkom dat Rikus een oog kan knip, ontdek hulle dat hy aan Locked-in-sindroom ly. Uiteindelik kan Rikus weer kommunikeer, al is dit net letter vir letter.
Rikus worstel met die God waarin hy nie regtig glo nie, maar met die ondersteuning en die gebede van diegene rondom hom word hy toenemend bewus van God se teenwoordigheid in sy lewe. Maar die situasie word gevaarlik terwyl Rikus probeer om die aanval op sy lewe te ontsyfer voordat die aanvaller die werk kom klaarmaak – veral nou dat die lewens van die mense vir wie hy omgee ook bedreig word.
Sal hy die raaisel van wie hom en Erna dood wil hê betyds kan oplos? Sal hy ooit uit die bed kan opstaan om uit die hospitaal te kan loop soos Sanna glo hy sal? En waar is God in die gemors?
Kompetisie
’n Gelukkige leser het die kans om hierdie boeke te wen.
Al wat jy hoef te doen om vir die prys in aanmerking te kom, is om die volgende vraag te beantwoord:
Wie het Ingekluis geskryf?
Whatsapp jou antwoord saam met jou naam en volledige adres na 072 386 5997. Inskrywings sluit Maandag 5 Oktober 2026. Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word. Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Wenner van 25 September 2026 se boekekompetisie is Antoinette Buchanan van Benoni.
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag.
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-86-02-Okt-2026-1.pdf