‘n Onafhanklike Skool in Matatiele het ‘n kennisgewing om te deregistreer van die Oos-Kaapse onderwysdepartement ontvang.
Die LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, Fundile Gade, se woordvoerder, Vuyiseka Mboxelasê die Bergview College het die kennisgewing ontvang weens die manier waarop hulle na bewering verlede jaar ‘n verkragtingsaak by die skool hanteer het.
Sy sê een van die voorwaardes om as ‘n onafhanklike skool te mag registreer, is dat die skool ‘n veilige omgewing vir leerlinge moet skep. ‘n 7-jarige seun is glo verlede jaar by die skool verkrag.
Volgens Mboxela is ‘n saak van verkragting in Oktober 2024 aanhangig gemaak, maar meen weens die skool se bestuur van die voorval, sloer die saak. “Die departement is verder bekommerd oor bewerings dat die hoof geweier het om met polisie saam te werk.”
Mboxela sê die kennisgewing is Vrydag bedien en daar moet binne 24 uur aandag daaraan gegee word, anders sal die departement begin om kinders in alle skole te plaas.
Die skool het nog nie op die bewerings gereageer nie.