Adjunk-president Paul Mashatile het terug gekap na kritici wat die nagenoeg R8-miljoen veroordeel het wat al aan sy buitelandse reise bestee is sedert hy minder as ‘n jaar gelede in dié pos aangestel is. LEES OOK: Mashatile se Japan-besoek kos die belastingbetaler meer as R2-miljoen Mashatile se reisuitgawes na Ierland, Botswana, die Verenigde Koninkryk, Zimbabwe, Japan en Frankryk is tydens ‘n vraag-en-antwoordsessie in die Parlement in die kollig gewerp. Hy het ontken dat staatsgeld tydens dié reise misbruik is en het die hoë uitgawes aan ander faktore soos die rand se lae waarde en die heersende koste van oorsese reise toegeskryf. LEES OOK: Minister in die presidensie wil nié haar reiskoste bekend maak nie Volgens Mashatile was die reise daarop gemik om beleggers te lok en kry die land waarde vir geld. |
2 Responses
Gooi AL die Anc en EFF uit
Hul steel ons rot en kaal
En die wat ons Boere vermoor gee Hul Dood straf
Dit regverdig nog steeds nie die meer as R300 000 per nag in ‘n hotel nie. Hulll dink hulle is moerbelangrik maar eintlik beteken hulle niks. Net goed vir alles opneuk.