Suid-Afrikaanse mediesefondse se lede betaal toenemend meer uit hul eie sak vir private gesondheidsorg.
Volgens die organisasie, Kaelo se uitvoerende hoof, John Jutzen, het dié uitgawes tussen 2021 en 2026 met 74% gestyg.
Spesialiste se tariewe het in dié tyd met 50% gestyg, terwyl mediesefondse se betalings met slegs 24z% toegeneem het.
Pasiënte kan by sekere prosedures tekorte van tussen R20 000 en R50 000 en selfs meer as ’n R150 000, moet betaal.
Slegs een uit elke vyf mediesefondslede het tans gapingsdekking.