Die Internasionale Strafhof se regters waarsku dat Amerikaanse sanksies die hof se vermoë om sy werk te doen, ernstig bedreig.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sanksies teen die hof en verskeie regters ingestel in reaksie op ondersoeke na beweerde oorlogsmisdade deur Amerikaanse militêre personeel in Afghanistan en Israel se optrede in Gasa.
Die Kanadese regter, Kimberly Prost, sê die sanksies raak selfs haar persoonlike banktransaksies en toegang tot dienste soos Google Maps.
Sy is in Augustus verlede jaar geteiken nadat sy ’n ondersoek na beweerde misdade deur Amerikaanse magte in Afghanistan gesteun het.
Prost sê die Amerikaanse optrede is ’n poging om die hof te intimideer en sy onafhanklikheid te ondermyn.