Meer as een miljoen buitelandse besoekers het Suid-Afrika in Oktober besoek – ’n styging van 10% teenoor dieselfde tydperk verlede jaar.
Volgens die minister van toerisme, Patricia de Lille, bring dit die jaartotaal op 9,4 miljoen te staan, wat die land op koers plaas om verlede jaar se rekord van 10,5 miljoen te oortref.
De Lille skryf die volgehoue groei toe aan groter belangstelling in plaaslike aanbiedinge, en beklemtoon dat beleggings gelok moet word om werksgeleenthede vir gemeenskappe te skep.
Besoekers uit Afrika het met byna 14% toegeneem, terwyl Brittanje nou die grootste oorsese bronmark is voor Amerika.