Luister nou

Kommer oor die toename in tienerswangerskappe

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Daar is toenemende kommer oor die hoë aantal tieners wat oor die feestyd geboorte geskenk het.

Dít volg nadat die Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling en Gesondheid onderskeidelik berig het dat 21 babas op Nuwejaarsdag in die Oos-Kaap aan tieners tussen die ouderdomme van 15 en 19 jaar gebore is.

Statistiek Suid-Afrika het aangeteken dat meer as 100 000 baba’s vir moeders van 19 jaar en jonger tussen 1 Januarie 2024 en 28 Februarie 2025 gebore is.

Die Embrace Movement for Mothers-organisasie se woordvoerder, Nonkululeko Mbuli, sê dit is ’n enorme bron van kommer wat dringend die hoof gebied moet word.

Die organisasie One to One Africa het ook statistiek uitgelig wat toon dat meer as 90 000 tieners in 2024 geboorte geskenk het.

Die syfers toon verder dat meer as 2 000 van hierdie geboortes by meisies tussen die ouderdomme van 10 en 14 voorgekom het.

Die Teddy Bear Clinic, ’n organisasie wat werk om minderjariges teen mishandeling en uitbuiting te beskerm, se direkteur, Shaheda Omar meen dat die krisis ’n bewys is van diepgewortelde maatskaplike ongeregtighede.

Sy sê navorsing word tans gedoen om owerhede te help bepaal wat gedoen moet word om die krisis in die kiem te smoor.

Fotokrediet: Unsplash/CC0 Public Domain

Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou