Luister nou

Kommer oor die toename in tienerswangerskappe

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Daar is toenemende kommer oor die hoë aantal tieners wat oor die feestyd geboorte geskenk het.

Dít volg nadat die Departemente van Maatskaplike Ontwikkeling en Gesondheid onderskeidelik berig het dat 21 babas op Nuwejaarsdag in die Oos-Kaap aan tieners tussen die ouderdomme van 15 en 19 jaar gebore is.

Statistiek Suid-Afrika het aangeteken dat meer as 100 000 baba’s vir moeders van 19 jaar en jonger tussen 1 Januarie 2024 en 28 Februarie 2025 gebore is.

Die Embrace Movement for Mothers-organisasie se woordvoerder, Nonkululeko Mbuli, sê dit is ’n enorme bron van kommer wat dringend die hoof gebied moet word.

Die organisasie One to One Africa het ook statistiek uitgelig wat toon dat meer as 90 000 tieners in 2024 geboorte geskenk het.

Die syfers toon verder dat meer as 2 000 van hierdie geboortes by meisies tussen die ouderdomme van 10 en 14 voorgekom het.

Die Teddy Bear Clinic, ’n organisasie wat werk om minderjariges teen mishandeling en uitbuiting te beskerm, se direkteur, Shaheda Omar meen dat die krisis ’n bewys is van diepgewortelde maatskaplike ongeregtighede.

Sy sê navorsing word tans gedoen om owerhede te help bepaal wat gedoen moet word om die krisis in die kiem te smoor.

Fotokrediet: Unsplash/CC0 Public Domain

Gewilde Nuus

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Fotokrediet: Netwerk24

Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Padlangs

Wees lig!

Internasionale Perspektief nuut

VSA kry oorhand oor Iran

Untitled design (31)

Ek staan hier sonder hare of borste

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel
Brandstof 1
Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag
Stefan2
Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog
Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo
Konstitusionele hof wys aansoek van die hand
Fotokrediet: Netwerk24
Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Luister nou