Luister nou

FlySafair-skikking: Oorwinning vir vlieëniers

Deur Pretoria FM Nuusspan

Ná ‘n 12-dag-staking en uitsluiting het FlySafair en sy vlieëniers ’n skikking bereik.

Dit was die langste vlieënierstaking in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Die ooreenkoms is deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) bemiddel en
bring basiese beskerming vir vlieëniers.

Volgens die vakbond, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris, Helgard Cronjé, is die skikking nie ’n oorwinning vir enige party nie, maar wel ’n noodsaaklike stap om kernprobleme in roosters en werksomstandighede die hoof te bied.
Die nuwe skofstelsel sal nou volgens vaste reëls werk en nie langer aan die diskresie van die bestuur oorgelaat word nie. Hoewel FlySafair steeds volhou dat hy nie ’n gewaarborgde afnaweek per maand kan bied nie, is daar ooreengekom op ten minste een 60-uur-afnaweek elke ses weke met ‘n minimum van nege afnaweke per jaar.

Vlieëniers sal ook onderling skofte mag uitruil en minstens tien dae per maand kan afkry.

Indien hulle op rusdae moet werk, sal daardie dae in die daaropvolgende maand teruggegee word.

Op vergoedingsterrein sal vlieëniers oor die volgende vier jaar salarisverhogings van onderskeidelik 6%, 6,5%, 6,8% en 6,9% ontvang. Dieselfde persentasies geld vir hul reis-, verblyf- en mediese toelaes.

Hulle sal ook ekstra betaal word wanneer hul vliegure 65 ure per maand oorskry.

Cronjé het die KVBA-fasiliteerders, Duduzile Madubanya en Mahmood Fadal, geloof vir hul toewyding om dié skikking moontlik te maak.

Hy meen die skikking bring ’n mate van stabiliteit, maar dien ook as ’n ernstige waarskuwing aan werkgewers oor die gevolge van gebrekkige arbeidsverhoudinge.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid

DA Kandidate

DA stel 70 kandidate in ANC-wyke

Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9

Belfast: Groeiende uitbarsting verwag

Jacinta

Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader

Orania

Kampusprojek van R15 miljoen op Orania beplan

Ander Nuus Artikels

Floppy die patrolliehond
Vermiste Floppy dood gevind
Ashley Oosthuizen - Fotokrediet News24
Ashley Oosthuizen se vonnis in Thailand wéér verkort
Vector of USA and Iran flag with grunge texture background. This illustration is an EPS 10 file with contains transparency effects.
’n Vredesooreenkoms is tussen die VSA en Iran bereik
Boer tot bord
Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid
DA Kandidate
DA stel 70 kandidate in ANC-wyke

Luister nou