Hoekom die Hoop, Glo, Lééf-gholfdag?
Die Hoop, Glo, Lééf-gholfdag dien as hooffondsinsameling om die gemeenskap bymekaar te bring, om terug te gee en ander by te staan is die grondslag van gemeenskapsdiens en vrywilligerswerk. Ons is opgewonde om bekend te maak dat Pretoria FM ons tweede jaarlikse gholfdag gaan aanbied op 1 Oktober 2025. Hierdie geleentheid het ten doel om ons gemeenskap te ondersteun en terug te gee, aangesien 100% van die opbrengs sal gaan aan die nuutgestigte Hoop, Glo, Leef MSW (maatskappy sonder winsbejag).
Ons putjieborge en vierballe is nou oop vir bespreking.

Die pakkette vir 2025 is soos volg:
1. Vierbal | R8,000 BTW uitgesluit
- ‘n Vierbalfooi sluit ’n geskenkpakkie, halfweghuis-ete, x2 gholfkarretjies en ’n buffet-ete tydens die prysuitdeling in.
2. Putjieborgskap | R14,000 BTW uitgesluit.
Elke putjieborgskap sluit die volgende in:
- ‘n Vierbalfooi soos hierbo genoem (geskenkpakkie, halfweghuis-ete, x2 gholfkarretjies en ’n buffet-ete tydens die prysuitdeling in).
- Aktiveringstasie op die baan.
- ‘n 5-minuut promosiegesprek tydens die gholfdag.
Indien jou maatskappy iets wil byvoeg tot die veiling, of enige ander pryse wou skenk stuur gerus `n e-pos na [email protected]