Luister nou

Belfast: Groeiende uitbarsting verwag

Deur Pretoria FM Nuusspan

Redaksie

Belfast in Noord-Ierland ervaar tans protesaksies ná ’n poging tot moord op die veertigjarige Stephen Ogilvy. Ogilvy se aanvaller, Hadi Alodid, het die afgelope week in die hof verskyn op klagte van poging tot moord, besit van ’n mes en dreigemente om ’n vroulike radiograaf te vermoor. Ogilvy het sy linkeroog in die aanval verloor en ook ernstige snywonde aan sy kop, gesig en rug opgedoen nadat hy met ’n mes aangeval is. Sommige berigte voer ook aan dat Alodid gepoog het om Ogilvy te onthoof. Alodid is van Soedannese herkoms.

Die hoof van Openbare Skakeling by Solidariteit, Jaco Kleynhans, sê die wrede aanval Maandag in Belfast is soortgelyk aan talle aanvalle in ander dele van die Verenigde Koninkryk die afgelope weke en maande maar ook ’n hele reeks aanvalle deur asielsoekers en onwettige immigrante in lande regoor Europa soos Nederland, België, Frankryk, Duitsland, Oostenryk en Italië.

“In die Verenigde Koninkryk sien ons die afgelope twee jaar veral ’n toename in politieke mobilisering soos wat Britse burgers voel dat hulle beheer oor hulle eie land verloor, met immigrante wat aanhou instroom. Maandag se aanvaller was ’n asielsoeker uit Soedan. Onlangse verslae in die meeste Europese lande bevestig dat geweldsmisdaad deur immigrante ’n disproporsionele groot deel van alle geweldsmisdade uitmaak.”

Kleynhans sê daar is tans miljoene mense uit arm, dikwels geweldgeteisterde lande, veral in Afrika, Asië en dele van Latyns-Amerika, wat probeer om ’n toekoms in ryker lande te vind. Oor die afgelope twee tot drie dekades het hierdie stroom immigrante, veral onwettige immigrante, dramaties toegeneem. Volgens Kleynhans is die gevolg hiervan dat die eerste tekens van volledige besetting van dorpe, stede en selfs sommige streke en lande begin duidelik word.

“In Europa het byna alle groot stede reeds ’n immigrantebevolking. Hierdie immigrante skep parallelle gemeenskappe en het gewoonlik geen behoefte om aan te pas of te assimileer nie. Die meeste immigrante bring hul eie godsdienste, maar dikwels ook primitiewe en gewelddadige kulturele bagasie saam met hulle na ryk lande. Die gevolg is die verlies van hoëvertrouesamelewings, kultuurbotsings, ’n toename in geweld en veral geweldsmisdade en seksuele misdade en uiteindelik ’n groeiende angs onder die etniese bevolkings van lande wat deur immigrante oorstroom word. Dit is presies wat ons nou in Noord-Ierland sien. Die oorspronklike Noord-Iere voel dat hulle land deur immigrante oorstroom word en dat politici niks daaraan probeer doen nie. Hulle enigste oplossing is dus om geweld met geweld te beantwoord.”

Volgens Kleynhans kan ’n groeiende uitbarsting van frustrasie en woede oor die volgende weke en maande waarskynlik regoor Westerse lande verwag word soos wat mense in opstand kom teen die vernietigende gevolge van massa-immigrasie.

“Selfs in Suid-Afrika sien ons dit tans. Spanning styg regoor Europa, die VSA, Kanada, Australië, maar ook Japan, Suid-Korea, China, Chili, Argentinië, die Dominikaanse Republiek en verlede week selfs Algerië, waar betogings ook teen immigrante uitgebreek het.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweekhttps://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/06/Uitgawe-70-12-18-Jun-2026.pdf

Gewilde Nuus

DinaErnstMarais

Kruger-moorde: 3e verdagte vasgetrek

Jana le Roux

“Vermaaklike” e-pos lok woede uit

Internasionale Perspektief nuut

Iran toets grense uit vrees vir verlies van Hormoes-hefboom

Cyril Ramaphosa dink

Ramaphosa wil Phala Phala-ondersoek stuit

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK

Toename in geregistreerde kiesers

Ander Nuus Artikels

Jacinta
Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader
Orania
Kampusprojek van R15 miljoen op Orania beplan
DinaErnstMarais
Kruger-moorde: 3e verdagte vasgetrek
Jana le Roux
“Vermaaklike” e-pos lok woede uit
Internasionale Perspektief nuut
Iran toets grense uit vrees vir verlies van Hormoes-hefboom

Luister nou