Luister nou

Vermiste Floppy dood gevind

Deur Walter Ernst

Die patrolliehond, Floppy, wat vermis geraak het nadat hy tydens ’n gewapende roof by ’n skool in Mdantsane in die Oos-Kaap agter verdagtes aan gestuur is, is dood gevind.

Floppy het Vrydag saam met sy hanteerder aan ’n polisie-optrede deelgeneem om drie gewapende rowers vas te trek wat by die Nzuzo Primary School ingebreek het.

Volgens die polisie het die drie mans met 20 skootrekenaars, 15 selfone en die skoolhoof se voertuig gevlug. Floppy het die verdagtes in digte bosse agternagesit, maar het daarna spoorloos verdwyn.

Die voertuig is later opgespoor nadat die drie in die bosse in gevlug het.

Volgens die polisiewoordvoerder, kaptein Majola Nkohli, word die verdagtes word as “uiters gevaarlik” beskou.

“Die verdagtes is steeds op vrye voet. Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei om die naaste polisiestasie te kontak. Die inligting kan ook deur die Crime Stop by 08600 10111 aangemeld word,” het Nkohli gesê.

Volgens ’n inwoner van Mdantsane, Nonkazimlo Mapheni, wat naby die woud woon waar Floppy en die verdagtes die afgelope Vrydag opgemerk is, dien dié gebied reeds lank as ’n skuilplek vir misdadigers.

“Die lyke van slagoffers is in die dam naby hierdie woud gevind. Oortreders vlug telkens na die omgewing omdat die afgeleë aard daarvan dit makliker maak om weg te kruip,” het Mapheni gesê.

Die polisie se ondersoek na die gewapende rooftog duur voort.

Gewilde Nuus

Boer tot bord

Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid

DA Kandidate

DA stel 70 kandidate in ANC-wyke

Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9

Belfast: Groeiende uitbarsting verwag

Jacinta

Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader

Orania

Kampusprojek van R15 miljoen op Orania beplan

Ander Nuus Artikels

Ashley Oosthuizen - Fotokrediet News24
Ashley Oosthuizen se vonnis in Thailand wéér verkort
Vector of USA and Iran flag with grunge texture background. This illustration is an EPS 10 file with contains transparency effects.
’n Vredesooreenkoms is tussen die VSA en Iran bereik
Boer tot bord
Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid
DA Kandidate
DA stel 70 kandidate in ANC-wyke
Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9
Belfast: Groeiende uitbarsting verwag

Luister nou