Luister nou

Betogings vandag landswyd verwag

Deur Marelize Maré

Verskeie groepe hou vandag landwyd optogte teen ongedokumenteerde migrante, met groot sekuriteits- en verkeersoperasies wat deur polisie en ander wetstoepassingsagentskappe ingestel is.

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê “Operasie 30 Junie” is volledig geaktiveer, met duisende beamptes wat landwyd ontplooi is.

Owerhede waarsku dat geweld, intimidasie en die dra van wapens nie toegelaat sal word nie, en dat oortreders vinnig in hegtenis geneem sal word.

In Pretoria begin die optog om 10:00 by Kerkplein en beweeg deur Paul Kruger-, Lilian Ngoyi-, Madiba- en Nelson Mandela-rylaan na Sunnyside. Verskeie hoofpaaie sal tydelik geraak word.

In die Johannesburg-metro is daar drie optogte in die middestad, Hillbrow en Midrand goedgekeur.

Geraakte gebiede sluit die Beyers Naudé-plein, Constitution Hill, Helen Joseph-, Troye-, Twist- en Kotzéstraat, Queen-plein, Dale- en Modderfonteinweg, en die Sandton-gebiede, in.

Die wetstoepassers sê helikopters word gebruik vir lugmonitering en kritieke infrastruktuur kry ekstra beskerming, terwyl meer as 2 800 ongedokumenteerde migrante die afgelope week in hegtenis geneem is en meer as 25 000 buitelanders reeds gerepatrieer is.

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde het intussen ’n beroep op kalmte gedoen en sê betogers moet by aangewese roetes bly en geen wapens of gesigbedekking dra nie.

Lugrederye waarsku ook oor moontlike vertragings by lughawens. CemAir sê sekuriteit, bagasie en toegang kan geraak word, terwyl FlySafair-passasiers vra om ekstra tyd toe te laat.

Wat verkeer en grensbeheer betref is daar meer verkeer op die N1 tussen Pretoria en Polokwane weens repatriasie-busse en vakansieverkeer en grensbestuursowerheid is op hoë gereedheidsvlak om monitering en deportasie-operasies te verskerp.

Die vakbondfederasie, Cosatu, het intussen oproepe tot ’n nasionale stilstand verwerp en sê migrasie moet deur die regering bestuur word, terwyl Amnestie Internasionaal teen vreemdelinge haat gewaarsku het.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteurforum het ook die intimidasie van joernaliste veroordeel, terwyl die Solidariteit Beweging vir opbou eerder as afbreek gevra het.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: News24

Die aanslag op Feroz Khan se lewe word ondersoek

Foto vir repliek

Die fluistering wat vrede basuin

Boer tot bord

Ekonomiese groei, arbeid en die prys van beleid

Graffiti-logo-nuut

Boekeblad met Graffiti

Lucia en Danie Langner

Nuwe voorsitter vir Voortrekkermonument

Ander Nuus Artikels

March and March-leier Jacinta Ngobese-Zuma
Beplan jou rit op D-dag só
Fotokrediet: Central News South Africa
LUR vir onderwys in Gauteng gaan optree teen bedrieërs
Fotokrediet: News24
Die aanslag op Feroz Khan se lewe word ondersoek
Foto vir repliek
Die fluistering wat vrede basuin
Boer tot bord
Ekonomiese groei, arbeid en die prys van beleid

Luister nou