Luister nou

4%-brandstofheffing wyd veroordeel

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) het die verhoogde brandstofheffing van 4%- wat in die minister van finansies, Enoch Godongwana se begroting aangekondig is – veroordeel.

Volgens die AA sal dit vervoerkoste opjaag, voedselpryse hoër laat styg en meer druk op reeds sukkelende huishoudings plaas.

LEES OOK: Inkomstediens “gereed om inkomstegaping in begroting aan te vul”

Vanaf 4 Junie styg die algemene brandstofheffing, ingevolge die begroting, met 16-sent per liter vir petrol en 15-sent per liter vir diesel – wat die eerste verhoging in drie jaar is.

Die vereniging waarsku dat laerinkomstehuishoudings – wat ’n groter deel van hul inkomste aan vervoer bestee – die swaarste hierdeur getref sal word.

LEES OOK: Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Die uitvoerende hoof van die padvragvereniging (RFA), Gavin Kelly sê die verhoogde brandstofheffing beteken die tesourie het nou R4-miljard van die tekort van R75 miljard van die vorige begroting “gevind”, maar dit beklemtoon ook dat die regering eerder burgers sal belas as om aan onnodige uitgawes te sny.

Kelly sê die vervoerbedryf en motoriste gaan swaarkry.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming
Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Luister nou