Luister nou

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van finansies Enoch Godongwana sê vinniger ekonomiese groei moet die land se nasionale obsessie word.

Godongwana het vandag vir die derde keer sy begrotingsrede gelewer, na sy vennote in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) nie die ander begrotings gesteun het nie.

Volgens die jongste begroting sal die BTW koers op 15% bly. In sy vorige begroting het hy sterk teenkanting gekry toe hy voorstel dat die BTW in die huidige boekjaar met 0,5% moet toeneem. ‘n Verdere 0,5% sou in die volgende boekjaar geld.

Godongwana sê die begrotingsproses het vanjaar getoon dat politieke debat deel vorm van enige goeie demokrasie.

Die tesourie het ook sy verwagting vir ekonomiese groei van 1,9% tot 1,4% verlaag.

Godongwana moet egter ‘n belastingtekort van R28-miljard vul, en het onder meer gesê dat Jan Taks strenger sal wees met die invordering van belasting.

Die brandstofheffing op petrol word ook van 4 Junie af met ’n enorme 16c per liter verhoog, en dié op diesel met 15c per liter.

Hy het ook ‘n streng waarskuwing aan munisipaliteite gerig om hulle sokkies op te trek. Volgens hom betaal soveel mense nie hulle munisipale rekeninge nie omdat hulle dit nie kan bekostig nie, maar ook omdat dienslewering so swak is.

President Cyril Ramaphosa het die begrotingsrede virtueel vanuit Amerika dopgehou waar hy om 17:30 met Amerika se president Donald Trump vergader.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Medies - Netwerk24

Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming

Siviwe Gwarube

Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Fotokrediet: CBS

Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp

Fotokrediet: eNCA

Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig
Bergview
Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat
BKS-inenting
Privaatsektor kry groen lig om BKS-entstof in SA te vervaardig
Medies - Netwerk24
Raad van Gesondheidsorgfinansiers vra hervorming
Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke

Luister nou