Luister nou

Inkomstediens “gereed om inkomstegaping in begroting aan te vul”

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangedui dat hy gereed is om die verantwoordelikheid op te neem om die inkomstegaping in die nasionale begroting aan te vul.

Dit kom in reaksie op die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begroting wat Woensdag vir die derde keer in die Parlement ter tafel gelê is.

Godongwana het ‘n finansiële inspuiting van R7,5-miljard aan die inkomstediens toegewys in die hoop om ‘n bykomende R20- tot R50-miljard  per jaar in belasting in te vorder.

Die kommissaris van die SAID, Edward Kieswetter, sê dat hulle nie daaraan dink as bykomende druk nie, maar eerder as ‘n geleentheid om die fiskale integriteit van Suid-Afrika te versterk.

Kieswetter sê die inkomstediens het ‘n oningevorderde belastingrekening van R500-miljard.

Intussen het lede van die parlement se finansiële groepering vanoggend ‘n mediakonferensie gehou na aanleiding van gister se begroting. Die voorsitter van die staande komitee oor finansies, dr Joe Maswanganyi het die bykomende geld aan die SAID verwelkom. Die R7,5-miljard sal oor die volgende drie jaar verdeel word.

Volgens hom sal die bykomende befondsing die positiewe invordering van belasting verbeter en die verouderde stelsels moderniseer. Hy sê dit bevorder ook regverdigheid binne die belastingsektor.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Moneyweb

Munisipaliteite skuld Eskom baie

Fotokrediet: Netwerk24

VSA staak aanvalle op Iran

Boer tot bord

Die toekoms van die boer na die bord

Untitled design (26)

Kom kyk hoe word ’n RWB Porsche gebou

Untitled design (27)

Druppels word strome, strome word riviere: KragDag 2026 bou momentum

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: AfriForum
Departement van Onderwys in Gauteng se aanlyn-aansoeke byna oop
Fotokrediet: Africa Intelligence
Tsjad gaan van die Internasionale Strafhof onttrek
Selby Mbenenge
RDK vra Ramaphosa om Oos-Kaapse regter-president te skors
Fotokrediet: Moneyweb
Munisipaliteite skuld Eskom baie
Fotokrediet: Netwerk24
VSA staak aanvalle op Iran

Luister nou