Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Inkomstediens “gereed om inkomstegaping in begroting aan te vul”

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangedui dat hy gereed is om die verantwoordelikheid op te neem om die inkomstegaping in die nasionale begroting aan te vul.

Dit kom in reaksie op die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begroting wat Woensdag vir die derde keer in die Parlement ter tafel gelê is.

Godongwana het ‘n finansiële inspuiting van R7,5-miljard aan die inkomstediens toegewys in die hoop om ‘n bykomende R20- tot R50-miljard  per jaar in belasting in te vorder.

Die kommissaris van die SAID, Edward Kieswetter, sê dat hulle nie daaraan dink as bykomende druk nie, maar eerder as ‘n geleentheid om die fiskale integriteit van Suid-Afrika te versterk.

Kieswetter sê die inkomstediens het ‘n oningevorderde belastingrekening van R500-miljard.

Intussen het lede van die parlement se finansiële groepering vanoggend ‘n mediakonferensie gehou na aanleiding van gister se begroting. Die voorsitter van die staande komitee oor finansies, dr Joe Maswanganyi het die bykomende geld aan die SAID verwelkom. Die R7,5-miljard sal oor die volgende drie jaar verdeel word.

Volgens hom sal die bykomende befondsing die positiewe invordering van belasting verbeter en die verouderde stelsels moderniseer. Hy sê dit bevorder ook regverdigheid binne die belastingsektor.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig