Luister nou

Hondesiekte in Pretoria-Wes en dele van Pretoria-Noord

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die aansteeklike hondevirus, Distemper, ook bekend as hondesiekte, is in Pretoria-Wes en dele van Pretoria-Noord bevestig.

Volgens ’n mediaverklaring van die DBV se tak in Pretoria kan die siekte honde se longe, ingewande, brein, oë en vel aantas en dit  versprei deur middel van direkte aanraking, hoes, nies en liggaamsvloeistowwe.

Hoewel mense nie distemper kan kry nie, kan hulle die virus onbewustelik op hul hande, klere of items dra wat ‘n risiko vir onbesmette diere kan inhou.

Simptome sluit onder meer koors, afskeiding uit die oë en neus, braking, diarree, lusteloosheid en verlies aan eetlus in. Ernstige gevalle kan lei tot aanvalle, bewing, verlamming en selfs die dood. Daar is geen geneesmiddel nie, slegs ondersteunende behandeling is beskikbaar.

Troeteldiereienaars word aangeraai om hul honde se inentings teen hondesiekte en hondsdolheid op datum te hou.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Fotokrediet: The Citizen

Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Ander Nuus Artikels

Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing
Ernst Roets
Wit kruise nou na Uniegebou
Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann
VSA-debat jaag temperature op
Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Luister nou