Die voormalige uitvoerende hoofde van Transnet, Brian Molefe en Siyabonga Gama is borgtog toegestaan in die Palm Ridge handelsmisdaadhof in Johannesburg. Hulle het vroeër vandag saam met die voormalige finansiële hoof van Transnet, Anoj Singh en die ingenieur, Thamsanqa Jiyane is die hof verskyn. Die vier beskuldigdes is op borgtog van R50 000 elk vrygelaat. Molefe en Gama het hulleself vanoggend aan die Brackendowns Polisie in die suide van Johannesburg oorgegee in verband met ‘n onreëlmatige lokomotief-tender ter waarde van R93-miljoen. Hulle staar aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in die gesig. Volgens berigte was ‘n maatskappy van die omstrede Gupta-familie glo betrokke by die tender. Molefe het tydens vanoggend se sitting gevra dat hy op ‘n waarskuwing vrygelaat moet word omdat die staat, volgens hom, nie genoeg bewyse teen hom het nie. |
One Response
Dankie.