Suid-Afrika se amptelike werkloosheidskoers het in die derde kwartaal van 2026 met 0,1 persentasiepunte tot 33,7% gestyg, vanaf 33,6% in die vorige kwartaal.
Volgens Statistiek Suid-Afrika se jongste kwartaallikse arbeidsmagopname het 101 000 meer mense werk gekry, wat die totale aantal werkende mense op 16,8 miljoen te staan bring.
Die aantal werkloses het egter ook met 97 000 tot 8,6 miljoen gestyg.
Die totale aantal mense in die arbeidsmag het met 198 000 – oftewel 0,8% – gedurende dié kwartaal toegeneem.
Die aantal ontmoedigde werksoekers het met 70 000 tot 3,7 miljoen toegeneem. Intussen het die aantal ander mense wat vir werk beskikbaar is, met 1 000 tot 860 000 afgeneem.
Ongeveer 13,2 miljoen Suid-Afrikaners tussen die ouderdomme van 15 en 64 jaar werk nie en studeer ook nie.