Luister nou

Tembisa-plunderaars moet swartlys toe

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi het maatskappye wat deel van misdaadsindikate was wat by die plundering van die R2 miljard by die Tembisa-hospitaal betrokke was, gewaarsku dat hulle op die swartlys geplaas sal word.

Hy sê dit is om te keer dat hulle ooit weer met die regering sake doen.

Die ActionSA-LP, dr. Kgosi Letlape, wou tydens ‘n parlementêre sitting by Motsoaledi weet hoe hy die grootskaalse plundering deur misdaadsindikate elders in die land sal verhoed.

Motsoaledi het in sy antwoord aangedui dat die Spesiale Ondersoek-eenheid versoek is om alle maatskappye wat by die sindikate betrokke is, op die swartlys te plaas.

Slegs die Nasionale Tesourie kan dit egter doen, maar die name van die maatskappye is reeds aan hulle verskaf.

Daar sal op 27 en 28 November  ‘n werksessie met provinsiale departemente gehou word om hul verkrygingstelsels op te skerp.

Fotokrediet: Leila Dougan – Daily Maverick

One Response

Gewilde Nuus

AfriForum

AfriForum ondersoek brandstofheffings self

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: EWN
Die ANC se dispuut word vandag aangehoor
Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

Luister nou