Luister nou

TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER

Deur Pretoria FM Nuusspan

16 Julie 2025

Die departement van water en sanitasie ondersoek die gesondheidsgevare van noemenswaardige vlakke teenretrovirale middels in Suid-Afrika se waterbronne wat onlangs deur navorsing bespeur is.

Navorsing deur die Noordwes-Universiteit het hierdie chemikalieë in riviere asook behandelde waterbronne gevind.

Dié ongewone situasie spruit uit die hoë getal Suid-Afrikaners op teenvigsbehandeling waarvan spore uiteindelik in die rioolstelsel beland en in waterbronne opeindig.

Die departement het aan die parlement gesê dat hy saam met navorsers en die Waternavorsingskommissie stratgegieë sal ontwikkel om die besoedeling die hoof te bied, indien nodig.

Die departement se direkteur-generaal Sean Phillips het verduidelik dat die meeste watersuiweringswerke jare terug ontwerp is en nie met hoë vlakke teenretrovirale middels in riool in gedagte nie.

Die navorsing het ’n kommerwekkende uitwerking op waterekostelsels en rioolsuiweringsprosesse aan die lig gebring.

Die universiteit sê: “Varswaterslakke wat aan teenvigsmedisyne blootgestel is toon onder meer gewysigde embrionale ontwikkeling.

Die navorsing het gevind dat die konsentrasies van die chemiese middels in sekere waterbronne veilige perke oorskry wat kommer laat ontstaan oor die potensiële langtermyngesondheidsgevare wat dit vir mense kan inhou.

One Response

  1. O wee. Dit lyk vir my daar is meer as net n “you know what” in die drinkwater.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan

Luister nou