Luister nou

Graffiti-boekeblad 27 November 2026

Deur Walter Ernst

Graffiti se Topverkopers.

10 Douwenis – Daniel Lotter

9 Ouma Mollie op die plaas – Fanie Viljoen

8 Hotel Bergsig – Eleanor Baker

7 Swerwerskraal – Keina Swart

6 Bollie Wollie & die nag voor Kersfees – Elize Parker

5 Diereriem – Etienne van Heerden

4 Op lig – Thilde Nel

3 Een vir een – Irma Venter

2 Goedheid en guns – Sophia Kapp

1 Die seun wat bly leef het – Jacques Papenfus

 

Bobbob die robo-meerkat en Operasie Slurpslorp – Marion Erskine & Heléne de Clercq. R185, Tafelberg

Illustreerder: Bernard de Jager

https://graffitibooks.co.za/products/9780624096597

Toe Nandi alleen by haar au pair in die Addo Olifantpark agterbly, tel sy ’n ronde, turkoois ploemplafsteen op.

BOBBOB is op sy vierde sending en is heel verbaas dat aardse Slurpslorpe (olifante) nie kan skaatsplank ry nie. Met sy vermoë om Olifants te verstaan, skop ʼn Oos-Kaapse avontuur af! Die olifantpaar Maksimus en Mambo gee vir Nandi antwoorde wat boeke nie het nie. BOBBOB leer ook gou dat hierdie aardbewoner in ’n rolstoel nie toelaat dat moeilike dinge haar keer om haar drome na te jaag nie.

 

Hier staan ons steeds – Danie Langner. R480, FAK

https://graffitibooks.co.za/products/9781048327847

Dit word beskryf as die mees omvattende en gesaghebbende werk tot nog toe wat die verhaal van die Gelofte van 1838 en die betekenis daarvan deur bykans twee eeue van Suid-Afrika se geskiedenis naspoor. Hier staan ons steeds is ’n baanbrekerswerk uit die pen van dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Kultuurtuiste, en ’n toeganklike, moet-lees-reis vir enigeen wat die geskiedkundige, geloofs- en kultuurbetekenis van die Gelofte, asook die hedendaagse relevansie daarvan, beter wil verstaan.

Hier staan ons steeds, ’n luukse hardeband van 373 bladsye uitgegee deur die FAK, is moontlik gemaak deur die LW Hiemstra Trust. Dié grootse werk neem die leser op ’n toeganklike reis vanaf die aanloop tot die Groot Trek, deur die gebeurtenisse van 1838 en die Slag van Bloedrivier, tot by die ontstaan van Geloftedag en die voortgaande invloed daarvan op die Afrikaner se geskiedenis, kultuur- en geloofslewe tot in die een-en-twintigste eeu.

“Die boek is ook ’n uitnodiging aan ’n nuwe geslag om self die verhaal te ontdek en te vra wat dit vandag nog beteken, veral met die oog op die 200-jarige herdenking van die Gelofte in 2038.”

 

Hotel Bergsig – Eleanor Baker as Alex Muller. R280, Human & Rousseau

https://graffitibooks.co.za/products/9780798185783

Ná die tweeling se geboorte kry inspekteur Adriaan Kruger en Karien minder slaap en rus as gewoonlik.

Hy word egter nie ’n blaaskans gegun nie, want in die stil dorpie Overberg ontstaan daar onverwags ’n nuwe drama. Een van die buitegeboue van die mooi hotel teen die hange van die berg word deur ’n brand verwoes en die eienaar se vrou, wat in die skuur by haar dragtige hond gewaak het, sterf . . . Wat na ’n roetine-ondersoek gelyk het, lewer skielik meer vrae en teenstrydighede op as wat Adriaan verwag het.

Hoe kon die hond betyds uit die skuur vlug, maar nie die vrou nie? Hoekom het die ontvangsdame, Sunette, nie van die oorledene gehou nie en waarom is mevrou Grusser, een van die hotelgaste, so beskermend teenoor die hoteleienaar? Dit is ook nie duidelik wat die verhouding is tussen Sunette se vriend, Douglas, en die twee vreemde meisies saam met wie hy bly nie.

Dan is daar Pol, wat lyk asof sy almal in Overberg ken, maar wat tergend stom is wanneer dit haar pas.

 

KOMPETISIE – Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n R300-Graffiti-geskenkbewys wen.

 

KOMPETISIE

 

Beantwoord die volgende vraag:

Wie is die skrywer van Bobbob die robo-meerkat en Operasie Slurpslorp?

 

Whatsapp jou antwoord saam met jou e-posadres na 072 386 5997.

Inskrywings sluit Maandag 30/11/2026.

 

Die wenners sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

 

Alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected].

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag. Om te kwalifiseer vir ekstra 10% afslag, tik die kodewoord PTAFM in wanneer jy jou bestelling plaas.

Wenners 20-11-2026:

Ida Zowitsky

Matthys van Eyssen

Thys Snyman

Gewilde Nuus

Nepal-vloede

Nepal begin om duisende vermistes ná fratsvloed dood te verklaar

Fotokrediet: CBC

Strafhof waarsku oor VSA sanksies

Fotokrediet: Hurter Spies Inc Law Firm

Hof oorweeg alternatiewe vir vergoeding

V&A waterfront & Table Mountain, Cape Town, Western Cape, South Africa.

Toerismesektor gedy met skerp styging in buitelandse besoekers

Fotokrediet: Medical Aid Quotes

Mediesefondse lê lede lam

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: OffenderWatch
Misa waarsku ouers oor seksuele predatore
Fotokrediet: Tshwane Bulletin
DA gaan opposisie in die Tshwane-metro wees
Nepal-vloede
Nepal begin om duisende vermistes ná fratsvloed dood te verklaar
Fotokrediet: CBC
Strafhof waarsku oor VSA sanksies
Fotokrediet: Hurter Spies Inc Law Firm
Hof oorweeg alternatiewe vir vergoeding

Luister nou