Luister nou

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

Meer as die helfte van Suid-Afrikaners wat Covid-19 gehad het, het ’n langtermyn-impak op hul geestesgesondheid en kognitiewe gesondheid ervaar, selfs ná hulle herstel het.

Dit is bevind in ‘n studie deur die Universiteit van Kaapstad en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR).

Die studie is saamgestel deur 97 Kaapstadse pasiënte se herstelproses dop te hou gedurende die eerste drie vlae van die Covid-19-pandemie in 2020 en 2021.

LEES OOK: Proeftydperk vir ‘n Covid-19-entstofversterkingsdosis begin binnekort

Daar is onderhoude met dié pasiënte gevoer ses maande ná hulle Covid-diagnose om onder meer hulle neuropsigiatriese simptome soos angs, moegheid en geheueprobleme te probeer bepaal. Hulle simptome het gewissel van geen simptome tot kritieke simptome.

Die studie het bevind dat die erns van die pasiënte se fisiese simptome nie noodwendig kon voorspel of hulle die langtermyn-nagevolge sou kry nie. Selfs pasiënte wat geen tot ligte simptomes ervaar het, het aangemeld dat hulle maande selfs jare later ‘n uitwerking aan hulle geestestoestand gewaar het.

50% van die deelnemers sê hulle het aanhoudende moegheid en uitdagings met geestesgesondheid beleef.

LEES OOK: Covid-19-temapark in Viëtnam maak opslae op sosiale media

Bloedtoetse is gedoen is terwyl die pasiënt ernstig siek was, en toe hulle herstel het en volgens dié toetse was daar geen verband tussen Covid-19 en latere kognitiewe- en geestesgesondheids-uitdagings nie.

Dokters meen dat hoewel die graad van die fisiese siekte nie ‘n uitwerking het nie, is daar faktore soos spanning, afsondering en trauma van die pandemie wat bydra tot langtermyn nagevolge.

Die hoof navorser in die studie prof Jonny Peter sê die ondersteuning van diegene is van uiterse belang selfs jare na die Covid-19 pandemie die wêreld getref het.

 

 

One Response

  1. En die wat so gewillig was om die “Jab” te vat, wat van hulle geheue?

    Dit is verstommend om die parlementariërs se geheue te sien.

    Van hulle is sommer brein dood.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het

Handboeke

VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole

Nhanhla Mkhwanazi

Nasionale Persklub maak Nuusmaker van die Jaar bekend

Fotokrediet: The Hill

Nasa het nog planne vir die maan

IMG-20260528-WA0015

Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn

Ander Nuus Artikels

Orgaan
Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”
Fotokrediet: The Mail & Guardian
Ramaphosa het ’n 50/50-kans
Gamtoos 4
As ons gaan lê is dit tot niet
Internasionale Perspektief nuut
Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het
Handboeke
VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole

Luister nou