9 September 2021
Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad voer tans samesprekings met Johnson & Johnson oor ‘n proeftydperk vir ‘n Covid-19-entstofversterkingsdosis.
Honderde gesondheidswerkers is as deel van die Sisonke proeftydperk met die J&J-entstof ingeënt. Die president van die SAMNR, prof. Glenda Gray sê die idee van ‘n entstofversterkingsdosis is om die entstof se doeltreffendheid te verleng.
“Die Sisonke-span ondersoek tans verskeie versterkingsdosisse vir mense wat vroeër vanjaar enkeldosis entstowwe (soos J&J) ontvang het. Ons weet die entstof is doeltreffend vir 8 tot 9 maande,” sê Gray.
Volgens haar kyk hulle na die moontlikheid om ander entstowwe soos Pfizer te gebruik as ‘n versterker vir die J&J-entstof. Sy sê hulle sal wel ondersoek in stel na wat die mees effektief is.
“Ons is nog nie seker hoe gereeld ‘n versterkingsdosis nodig sal wees nie, maar dit kan soos ‘n jaarlikse griepinspuiting wees.”
Dié proeftydperk begin waarskynlik in Oktober.
Stem vir die Aitsa’s