Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Covid-19-temapark in Viëtnam maak opslae op sosiale media

17 Desember 2024

Het jy geweet dat jy, (sou jy enigsins wou), die Covid-19-pandemie kan herbeleef?

Die sogenaamde Covid-19-park in ‘n gedeelte van die Tuyen Lam Lake Nasionale Toeristekompleks in Viëtnam is reeds ‘n geruime tyd oop, maar danksy ‘n Britse smaakmaker, Ella Ribak, het ‘n video van dié park weer opspraak gemaak, en is dit wyd op sosiale media versprei.

Een van die vele standbeelde.

In die video kan verskeie beelde van die park, en van sy standbeelde gesien word.

Een standbeeld is die aardbol, wat op ‘n Covid-19-kiem sit. Ander standbeelde is van dié kieme wat boks, en sommiges wat met spuitnaalde ingespuit word.

Daar is ook ‘n klok, wat in plaas van syfers, simbole bevat soos ‘n inenting, ‘n Covid-19-masker, asook mense wat besig is om gebiede te ontsmet. Dié video deur Ella is byna 1-miljoen keer op TikTok gekyk.

Die eerste Covid-19-geval is in Desember 2019 aangemeld, en het sy ontstaan by ‘n kosmark in Wuhann, China gehad. Die eerste geval in Suid-Afrika is op 5 Maart 2020 aangemeld. Wêreldwyd is meer as 7-miljoen mense dood, terwyl 704 000 gevalle aangemeld is.

https://twitter.com/Drchoker/status/1865820932809601163

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Ander Nuus Artikels

covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende