Luister nou

Covid-19-temapark in Viëtnam maak opslae op sosiale media

Deur Pretoria FM Nuusspan

17 Desember 2024

Het jy geweet dat jy, (sou jy enigsins wou), die Covid-19-pandemie kan herbeleef?

Die sogenaamde Covid-19-park in ‘n gedeelte van die Tuyen Lam Lake Nasionale Toeristekompleks in Viëtnam is reeds ‘n geruime tyd oop, maar danksy ‘n Britse smaakmaker, Ella Ribak, het ‘n video van dié park weer opspraak gemaak, en is dit wyd op sosiale media versprei.

Een van die vele standbeelde.

In die video kan verskeie beelde van die park, en van sy standbeelde gesien word.

Een standbeeld is die aardbol, wat op ‘n Covid-19-kiem sit. Ander standbeelde is van dié kieme wat boks, en sommiges wat met spuitnaalde ingespuit word.

Daar is ook ‘n klok, wat in plaas van syfers, simbole bevat soos ‘n inenting, ‘n Covid-19-masker, asook mense wat besig is om gebiede te ontsmet. Dié video deur Ella is byna 1-miljoen keer op TikTok gekyk.

Die eerste Covid-19-geval is in Desember 2019 aangemeld, en het sy ontstaan by ‘n kosmark in Wuhann, China gehad. Die eerste geval in Suid-Afrika is op 5 Maart 2020 aangemeld. Wêreldwyd is meer as 7-miljoen mense dood, terwyl 704 000 gevalle aangemeld is.

https://twitter.com/Drchoker/status/1865820932809601163

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou