Marelize Maré
Die Johannesburg-metro gaan die vakbond, Solidariteit se 70 meter lange banier kosteloos teruggee.
Dít volg op ʼn skikkingsooreenkoms wat ‘n bevel van die hof gemaak is.
Die vakbond handel ook ‘n ooreenkoms met die advertensiemaatskappy af om die geld wat vir die advertensie-ruimte betaal is terug te gee.
Die banier, met die woorde: “Welcome to the most race-regulated country in the world”, is onlangs van ‘n muur langs die M1-hoofweg tussen Smitstraat en Empireweg in Johannesburg verwyder.
Solidariteit het in die tussentyd nóg 38 reklameborde met dieselfde boodskap in Johannesburg opgerig.
One Response
🥳