President Cyril Ramaphosa sê die transformasie van Suid-Afrika se landbousektor is noodsaaklik om voedselsekerheid, ekonomiese groei en werkskepping te bevorder.
Hy sê die regering stel sowat 2,5 miljoen hektaar staatsgrond aan swart boere beskikbaar en ken titelaktes aan hulle toe.
Ramaphosa beklemtoon egter dat toegang tot grond alleen nie genoeg is nie en dat opkomende boere ook opleiding, mentorskap, tegnologie en bekostigbare finansiering nodig het.
Intussen het Suid-Afrika se landbou-uitvoer verlede jaar ’n rekordwaarde van R270 miljard bereik.
Ramaphosa sê die land moet ’n nuwe geslag kommersiële boere ontwikkel en nuwe uitvoermarkte ontsluit om landbou se potensiaal ten volle te benut.