Die ANC se dispuut oor sy kandidaatlys word vandag in die Konstitusionele Hof aangehoor.
Die party betwis ’n Kieshof-uitspraak ten gunste van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, nadat die ANC nie al sy kandidate se name voor die sperdatum vir volgende maand se plaaslike regeringsverkiesings ingedien het nie.
Gevolglik is 181 kandidate uitgesluit.
Die ANC blameer tegniese probleme met die OVK se aanlynstelsel vir die laat indiening.
Die Kieshof het egter teen die party beslis, terwyl die OVK sê geen tegniese probleme is aangemeld nie.