Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap het bevestig dat hy maatskaplike toelae vir Februarie oor drie dae in die eerste week van die maand, sal uitbetaal.
SASSA sê die stelsel help om die druk by betaalpunte en banke te verlig.
Die toelae vir ouer persone sal op 3 Februarie betaal word, terwyl die gestremdheids-toelaag op 4 Februarie uitbetaal sal word. Die Kindertoelaag en alle ander toelae kan op 5 Februarie verwag word.
SASSA het begunstigdes herinner om nie haastig te wees en hulle geld op die eerste dag te onttrek nie, aangesien die fondse in hulle rekenings beskikbaar sal bly.
Die agentskap sê persone wat hulle betalings-metodes of bankbesonderhede wil verander, kan ‘n plaaslike SASSA-kantoor besoek.