Luister nou

SAPD wéér in die pekel oor omstrede bevorderings

Deur Walter Ernst

Die vakbond Solidariteit eis daadwerklike optrede teen gebrekkige bevorderingspraktyke in die Suid-Afrikaanse Polisiediens nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) wéér teen die polisie beslis het.

Dit volg nadat die KVBA bevind het dat die SAPD onbillike arbeidspraktyk teen kaptein Christiaan du Plessis gepleeg het, deur hom nie vir die pos van stasiebevelvoerder in Moorreesburg te kortlys en te bevorder nie. Die SAPD is gelas om hom tien maande se salaris as vergoeding aan du Plessis uit te betaal.

Dit volg nadat daar bevind is dat hy nie die kortlys vir die pos gehaal het nie, terwyl ander minder gekwalifiseerde kandidate wel gekortlys is.

Volgens die organiseerder van die openbare sektor by Solidariteit, Ronel Stander, kan die uitspraak nie meer as ’n geïsoleerde fout afgemaak word nie.

“Ons sien eenvoudig dieselfde soort probleme herhaaldelik in bevorderingsake wat voor die KVBA beland,” sê Stander.

“Bevorderingspanele versuim om die SAPD se eie voorskrifte na te kom. Werknemers word daardeur benadeel, en uiteindelik moet die belastingbetaler ook nog vir die gevolge opdok.”

Die vakbond sê dat sy herhaalde eise om dissiplinêre stappe teen verantwoordelike amptenare eenvoudig deur die senior polisiebestuur geïgnoreer word.

“Wat dit dan nóg erger maak, is dat ons hierdie probleme herhaaldelik onder die aandag van senior SAPD-bestuur bring, maar eenvoudig geïgnoreer word,” sê Stander.

Die kommissaris het uiteindelik bevind dat du Plessis gekwalifiseer het om gekortlys en bevorder te word en dat die SAPD ’n onbillike arbeidspraktyk gepleeg het.

Solidariteit het ná die uitspraak formeel aan senior SAPD-bestuur geskryf en ’n ondersoek na die betrokke paneellede geëis.

 

Gewilde Nuus

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Luister nou