Luister nou

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Deur Redaksie

Boekkeblad:

Graffiti se topverkopers vir die week.

10 & Nog wat – Jana Luther

9 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

8 Historiese almanak – Albé Grobbelaar

7 Jagspinnekop – Erla Diedericks

6 Daardie lewe Karel Schoeman – Ria Winters

5 Grensloos – Wilna Adriaanse

4 Twee halwes maak ’n hele – Marita van der Vyver

3 My gunsteling gebedsjoernaal – LUCA

2 Blinde kol – Martin Steyn

1 Op lig – Thilde Nel

 

Die meisie met die groen jas – Annelie Ferreira. R220, Lapa

https://graffitibooks.co.za/products/9780637012119

’n Jaar nadat die De Wits uit Suid-Afrika na Engeland getrek het, sukkel Ahmed nog om sy voete te vind.

Die skoolhoof se seun is mislik met hom, en hy sukkel om die Britse meisies te verstaan. Sy nuwe skaduwerk by die museum gee hom darem hoop vir ’n sosiale lewe met meer aksie as ’n trapsuutjies wat van tak verwissel.
Maar dis net daar waar die moeilikheid begin.
Dit kon tog nie hy wees wat die brand gestig het nie? Maar hoe kan hy sy onskuld bewys in ’n vreemde land wanneer getuienis teen hom bly opstapel?
En wie is die beeldskone maar vreemde meisie met die groen jas?
Soos Ahmed vergeefs spartel om uit die moeilikheid te bly, word die geheimsinnige meisie die spil waarom sy lewe draai.

 

Valskermbataljon-verhale 2 – Mike Bolhuis (Samesteller). R280, Naledi

https://graffitibooks.co.za/products/9781997476344

Met die reusesukses van Valskermbataljon-verhale wat verlede jaar verskyn het, is daar ʼn groot aanvraag vir nog stories uit die penne van valskermsoldate wat elkeen op ʼn unieke manier en in hul eie woorde hul ervarings in dié elite-eenheid deel. Derhalwe verskyn Valskermbataljon-verhale 2, propvol nog uitsonderlike ware verhale.

Die aanvraag vir ʼn opvolgboek het nie slegs van lesers gekom nie, maar ook van talle valskermsoldate wat graag hul stories van uiters uitdagende opleiding, operasionele kontak met die vyand, kameraadskap en humor wil deel. Stories wat hulle al vir dekades met hulle saamdra en nou met almal kan deel.

Soos met die eerste boek is dit stories van deernis, waagmoed, waaghalsigheid, deursettingsvermoë en uiterste lojaliteit, geskryf in die taal en styl van elke individuele soldaat; elkeen se eie ervarings in sy eie woorde, in beide Afrikaans en Engels. Stories wat eerlik en opreg geskryf is, oor ʼn tyd wat die lewens van duisende soldate en hul geliefdes onomkeerbaar verander het.

Valskermbataljon-verhale 2 is stories van moed, deursettingsvermoë, gevaar, humor, vasbyt en verlies wat die leser by tye laat regop sit, glimlag en ook diep laat nadink.

Dit is ʼn boek nie net vir en oor soldate nie, maar vir elkeen wat nog ooit gewonder het oor die manne in maroen, hul valskerms en die eenheid.

 

Een keer om die son: Boek Twee – François Bloemhof. R280, Queillerie

https://graffitibooks.co.za/products/9780795803499

TYD STAAN NOOIT STIL NIE.

Net so min kan die Van Wyks. Hulle het ’n reis van groei en genesing om voort te sit. Ruan en sy drie kinders – Markus, Leandri en Sophia – is steeds besig om ’n gedeelde tragedie te verwerk. Dit is egter nie ál waarmee hulle vanjaar te kampe sal kry nie. Liefde is deel daarvan.

Die kwessie van identiteit. En die ou, ou vraagstuk – wanneer om vas te hou en wanneer om te laat los. Elkeen sal die komende twaalf maande op sý manier aflê. Volgende toetse deurstaan. Tweede kanse aangryp. Want altyd is daar nuwe eise. En nuwe hoop. François Bloemhof se eerste herverbeelding van die gelyknamige TV-reeks was ’n enorme kritiese en kommersiële sukses. Lees nou verder!

 

Al 3 hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 20% afslag.

 

KOMPETISIE

Beantwoord die volgende vraag:

Wie het Een keer om die son: Boek Twee geskryf?

 

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997. Inskrywings sluit Maandag 21/09/2026

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

 

Wenner 11-09-2026

Deirdre Fick – Polokwane

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-84-18-Sept-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Misdaadtoneel-Ekurhuleni

DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”
Fotokrediet: InsureMyTrip
Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings
Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings
Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Luister nou