Luister nou

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Deur Redaksie

’n Nuwe AfriForum-verslag, waarin 47 afsonderlike gewelddadige plaasaanvalle wat oor ’n tydperk van sewe jaar plaasgevind het, bestudeer is, toon ’n herhalende patroon van marteling waarin plaasaanvallers verskeie geïdentifiseerde metodes inspan om slagoffers fisiek en emosioneel te mishandel. Dié verslag, getiteld More than robbery: Violence during attacks on farms and smallholdings in South Africa, 2019–2025 is die afgelope week bekendgestel en voer aan dat die buitensporige geweld wat sommige plaasaanvalle kenmerk, daarop wys dat plaasaanvalle nie blote roof is nie.

Die burgerregteorganisasie kom deur dié studie tot die gevolgtrekking dat die gebruik van geweld tydens die bestudeerde plaasaanvalle sodanig is dat dit wel as marteling geag kan word; dat marteling tydens plaasaanvalle ’n verskynsel is wat oor die hele land voorkom; en daar aangevoer kan word dat plaasaanvalle ’n uitsonderlike tipe misdaad is.

AfriForum se navorsing toon dat slagoffers in die bestudeerde aanvalle telkens gemartel, verbrand, gesteek en verwurg is en aan ernstige fisieke, emosionele en seksuele mishandeling onderwerp is. Vier sleutelbevindinge word in die studie gemaak wat daarop wys dat plaasaanvalle waar marteling voorkom ooreenkomste toon ten opsigte van die wapens wat gebruik word, die fisieke beserings van slagoffers, die gebruik van afpersing, en die gebruik van buitensporige geweld.

Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, is die uiters gewelddadige aanvalle wat bestudeer is, nie net tot een deel van die land beperk nie.

“Dié wrede aanvalle kom in elke provinsie voor en bevestig dat plaasaanvalle ’n nasionale landelike veiligheidsprobleem is wat ’n doelgerigte en gespesialiseerde reaksie vereis.”

Volgens Broodryk doen AfriForum weer eens ’n beroep op die regering om plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad te erken, en soos ander prioriteitsmisdade (insluitende transitorowe, geslagsgebaseerde geweld, onwettige mynbou en onwettige handel in wild) deur middel van ’n gespesialiseerde benadering en strategieë te bekamp.

“Indien die regering die unieke aard van transitorowe en onwettige wildhandel kan erken en gespesialiseerde strategieë kan ontwikkel om daardie bedreigings te bekamp, ​​is daar geen logiese rede waarom plaasaanvalle anders hanteer moet word nie. Die aard van plaasaanvalle vereis gespesialiseerde intelligensie, doelgerigte ondersoeke, toepaslike polisiëringshulpbronne en doeltreffende samewerking met landelike gemeenskappe.”

AfriForum doen ook ’n beroep op die regering en politieke leiers om opruiende en haatlike retoriek wat teen Suid-Afrika se boerderygemeenskappe gerig is – soos die “Kill the Boer”-dreunsang – onomwonde te veroordeel.

“Politieke leiers kan nie aanvoer dat hulle ernstig is oor die bekamping van geweld, maar swyg wanneer opruiende retoriek wat ’n spesifieke gemeenskap teiken, genormaliseer word nie.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-84-18-Sept-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ronald Lamola - TimesLive

SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings

Misdaadtoneel-Ekurhuleni

DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar

Ander Nuus Artikels

Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026
Fotokrediet: Instagram
Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”
Fotokrediet: InsureMyTrip
Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings
Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Luister nou