Die polisie het nog nie die nasionaliteit vasgestel van die enigste verdagte wat in hegtenis is in verband met een van die nege moorde op vroue in Ekurhuleni nie.
Adjunk-nasionale polisiekommissaris Tebello Mosikili sê hulle het inligting dat die man nie ’n Suid-Afrikaner is nie, maar weet nog nie van watter land hy afkomstig is nie.
Die polisie ondersoek ook ’n persoon van belang wat moontlik met die moorde verbind kan word.
’n Spesiale span ondersoek die sterftes sedert Julie, en polisiehulpbronne in die Ekurhuleni-metro is intussen opgeskerp.
Vyf van die nege slagoffers is steeds nie geïdentifiseer nie.
Die departement van Binnelandse Sake help intussen die polisie om biometriese inligting, waaronder vingerafdrukke, te gebruik om die vroue te identifiseer.
Die polisie het ook vir die eerste keer bevestig dat sommige van die moorde moontlik met mekaar verband hou.