Luister nou

“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”

Deur Pretoria FM Nuusspan

Politieke partye het hulle misnoeë laat hoor nadat Statistiek Suid-Afrika (SSA) vanoggend aangekondig het dat die werkloosheidsyfer in die eerste kwartaal van 2025 met 1-persentasiepunt toegneem het van 31,9% in die laaste kwartaal van 2024 tot 32,9%.

Die DA sê die werkloosheidskoers is ‘n teken van waarom die DA as lid van die Regering van Nasionale eenheid veg vir ekononomiese groei en werkskepping. Die party se woordvoerder oor indiendsneming en arbeid, Michael Bergraim sê ‘n werk is meer as ‘n inkomste, dit is hoop vir die toekoms, sekuriteit en waardigheid.

Hy sê Suid-Afrika benodig dringend ‘n strategie om ekonomiese groei moontlik te maak.

LEES OOK: Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe

Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê vandag se aankondiging deur die SSA behoort nie ‘n verrassing vir miljoene Suid-Afrikaners te wees nie.

Hy sê jeugwerkloosheid, mense tusssen 15 en 34 , is veral kommerwekkend en staan tans op 46,1%. Hy sê die groep is werkloos, maar studeer ook nie tans nue. Herron meen Suid-Afrikaa staar ‘n reuse indiensnemings-kirisis in die gesig,

ActionSA sê die land se werkloosheidskoers is vinnig besig om buite beheer te raak. Die ActionSA-parlementslid, Alan Beesley sê terwyl die land gebuk gaan onder werkloosheid is “die RNE steeds nêrens te vind nie.”

Volgens Beesley is hierdie statistiek nie net statistiek en data nie, dit is stories van mense wat swaarkry, honger en moedeloos is.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Stefan2

Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Fotokrediet: Netwerk24

Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Ander Nuus Artikels

Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk
Mteto Nyati - TechCentral
Eskom het ’n oorskot elektrisiteit
Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel
Brandstof 1
Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Luister nou