Luister nou

Opvolg: “SA musiekbedryf het vandag ‘n legende verloor”

1 Februarie 2025

Die musiekagentskap, Coleske Artists, sê in ‘n verklaring hy treur oor die dood van die liedjieskrywer, Johan Oberholzer.

Hy is volgens die agentskap, vroeër vandag aan natuurlike oorsake oorlede.

Hy het onder andere “Die Land”, “Mis Eet Slaap Herhaal” deur Demi-Lee Moore, “Foto’s” deur Dodo Nyoka, “Skildery” deur Nadine, “Af en Af” van Kurt Darrem en “Laaste Asem” geskryf. ‘n Nuwe liedjie van Laurika Rauch, “Nog voor ek jou geken het” is ook deur Oberholzer geskryf.

Talle musikante het reeds hulde aan hom gebring. “Johan se musiek het die klank en identiteit van Afrikaanse musiek help vorm en sy invloed sal vir altyd voortleef. Sy liedjies het nie net gehore betower nie, maar ook kunstenaars gehelp om hul eie stemme te vind en hul loopbane te bou,” sê Coleske.

Een van die bekende Afrikaanse kunstenaars vir wie Oberholzer liedjies geskryf het, Dirk van der Westhuizen, het in ‘n boodskap van medelye op sy sosialemediaplatforms Oberholzer se dood as ‘n bitter hartseer dag in die Afrikaanse musiekbedryf beskryf. Oberholzer het onder meer sy treffers Sexy Vi My en Stoom geskryf.

Tertius Pretorius, Pretoria FM se musieksamesteller sê Johan was ‘n formidabele liedjieskrywer en vervaardiger en kon enige musiekgenre bemeester. “Met meer as 100 nommer-1-treffers uit sy pen het die Afrikaanse musiekbedryf vandag ‘n reus verloor.”

.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Credible Source

Migrante is ’n risiko, maar president Cyril Ramaphosa sal dit hanteer

Kragmaste

Strategie ter tafel om Johannesburg se kragkrisis te pak

Solly-Showmax

Minister vergader met Canal+ oor Showmax-sluiting

PhalaPhala

Ramaphosa wil verslag teen hom nietig laat verklaar

Fotokrediet: Nova News

Uitspraak word as oorwinning beskou

Ander Nuus Artikels

IMG-20260528-WA0015
Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn
Fotokrediet: Weet
Nuwe opname oor Poskantoor vs aanlyndienste
Fotokrediet: Wikipedia
Departement van vervoer se stromings-kontrak word ondersoek
Fotokrediet: Credible Source
Migrante is ’n risiko, maar president Cyril Ramaphosa sal dit hanteer
Kragmaste
Strategie ter tafel om Johannesburg se kragkrisis te pak

Luister nou