Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Opvolg: “SA musiekbedryf het vandag ‘n legende verloor”

1 Februarie 2025

Die musiekagentskap, Coleske Artists, sê in ‘n verklaring hy treur oor die dood van die liedjieskrywer, Johan Oberholzer.

Hy is volgens die agentskap, vroeër vandag aan natuurlike oorsake oorlede.

Hy het onder andere “Die Land”, “Mis Eet Slaap Herhaal” deur Demi-Lee Moore, “Foto’s” deur Dodo Nyoka, “Skildery” deur Nadine, “Af en Af” van Kurt Darrem en “Laaste Asem” geskryf. ‘n Nuwe liedjie van Laurika Rauch, “Nog voor ek jou geken het” is ook deur Oberholzer geskryf.

Talle musikante het reeds hulde aan hom gebring. “Johan se musiek het die klank en identiteit van Afrikaanse musiek help vorm en sy invloed sal vir altyd voortleef. Sy liedjies het nie net gehore betower nie, maar ook kunstenaars gehelp om hul eie stemme te vind en hul loopbane te bou,” sê Coleske.

Een van die bekende Afrikaanse kunstenaars vir wie Oberholzer liedjies geskryf het, Dirk van der Westhuizen, het in ‘n boodskap van medelye op sy sosialemediaplatforms Oberholzer se dood as ‘n bitter hartseer dag in die Afrikaanse musiekbedryf beskryf. Oberholzer het onder meer sy treffers Sexy Vi My en Stoom geskryf.

Tertius Pretorius, Pretoria FM se musieksamesteller sê Johan was ‘n formidabele liedjieskrywer en vervaardiger en kon enige musiekgenre bemeester. “Met meer as 100 nommer-1-treffers uit sy pen het die Afrikaanse musiekbedryf vandag ‘n reus verloor.”

.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

etol3

Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei

Kleinfontein

Vrae oor “uitgelekte” Kleinfonteinverslag

Gu15JKlWQAAx1Ae

“Die DA se besluit om nié aan die nasionale dialoog deel te neem nie is vreemd,” skryf Mbeki.

david

Ramaphosa en ander politieke leiers betreur David Mabuza se dood

The-South-African

Voormalige adjunkpresident van Suid-Afrika sterf

Ander Nuus Artikels

NUUSWEEK WILLIE
Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies
KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025
Koning regeer oor afstand ná dreigemente
Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283
Jake White verlaat die Blou Bulle
etol3
Gauteng betaal nog R3,4 miljard vir e-tol – en die rekening bly groei
Kleinfontein
Vrae oor “uitgelekte” Kleinfonteinverslag

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende