Luister nou

Strategie ter tafel om Johannesburg se kragkrisis te pak

Deur Walter Ernst

’n Nuwe strategie is voorgestel om die Johannesburg-metro se multi-miljardrandse skuld aan Eskom te takel.

Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, het saam met die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, en die uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane, ’n ooreenkoms bemiddel om volhoubare kragvoorsiening in die Goudstad te verseker.

Die kragverskaffer het vroeër gewaarsku dat hy die toevoer na dele van Johannesburg gaan onderbreek, indien die metroraad nie minstens R5 miljard van sy agterstallige skuld betaal nie.

Die toekomstige betalingsraamwerk is grootliks gegrond op die oormerk van finansiële bates, wat sal verseker dat kraginkomste streng beheer en uitsluitlik vir betalings aan Eskom aangewend sal word.

Morero het erken dat swak skuldinvordering vroeëre betalingsooreenkomste skipbreuk laat ly het.

 

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou