Luister nou

Ontploffing in Woolworths-winkel by Menlyn

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die polisie in die Tshwane-metro ondersoek ’n ontploffingsvoorval wat vroeg vanoggend by die Woolworths-winkel in Menlyn-winkelsentrum plaasgevind het.

Volgens voorlopige inligting is ’n onbekende ploftoestel omstreeks een-uur vanoggend binne die winkel geaktiveer.

Nooddienste en polisie-eenhede, insluitend die bomverwyderingseenheid en speurders, is na die toneel ontplooi.

Vyf werkers was tydens die voorval in die winkel, maar niemand is beseer nie.

Slegs voedsel items en rakke is tydens die voorval beskadig.

’n Saak ingevolge die Wet op Ontplofbare Stowwe word ondersoek.

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou