Luister nou

Migrante is ’n risiko, maar president Cyril Ramaphosa sal dit hanteer

Deur Pretoria FM Nuusspan

President Cyril Ramaphosa gaan na verwagting in Junie tydens ’n Afrika-Unie-vergadering in Egipte ’n kontinentale migrasie-ooreenkoms ter tafel lê.

Volgens die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sal die voorstel ’n raamwerk skep om ongedokumenteerde migrasie gesamentlik oor Afrika heen te hanteer.

Hy sê Suid-Afrika word deur ’n veiligheidsrisiko in die gesig gestaar, weens mense wat onwettig die land binnekom en misdade uitvoer.

Hy het ook beklemtoon dat hoewel Suid-Afrikaners die reg het om oor immigrasie te betoog, moet dit binne die raamwerk van die wet plaasvind.

Ministers het Maandag by die Uniegebou met politieke partye en verskeie groeperings vergader om onder meer ’n nasionale aksieplan op te stel.

Honderde migrante kamp intussen buite die departement van binnelandse sake se kantore in Durban, te midde van onsekerheid oor dreigemente dat hulle die land teen 30 Junie moet verlaat.

Die groep bestaan uit mans, vroue en kinders en het aan die nuusdiens, IOL, gesê hulle vrees geweld gaan uitbreek indien hulle op 30 Junie nog in die land is.

Meer as 80 000 buitelanders wag ook nog om te hoor of Suid-Afrika aan hulle asiel sal verleen.

Asiel is reeds aan altesaam 55 190 vlugtelinge toegestaan.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou