Die departement van vervoer het na bewering ’n Zimbabwiese maatskappy gekontrakteer vir stroomdienste ter waarde van R10 miljoen wat glo deur bestaande personeel sonder enige bykomende koste gelewer sou kon word.
Dié inligting is ingevolge die Wet op Beskermde Openbaarmaking deur ’n fluitjieblaser onthul.
Volgens die onthullings is die werk glo onder verskeie kwotasies verdeel om tenderreëls te omseil en onder die drempel van R500 000 per kontrak te bly.
Sommige geleenthede het glo minder as ’n 100 kykers gelok, ten spyte van koste van tot R350 000 per uitsending.
Die departement van vervoer sê die bewerings sal nou intern ondersoek word.